My Portfolio
Pick Me
Blog
Availability
Me Links
Home

:-)

January 13th, 2010 | News,Other,Uncategorized | Subcribe to RSS

As julle wou foto’s sien, is hierdie net vir vandag nie die plek nie. Ek is net so dankbaar dat dit wil oorloop, nou loop dit maar in die blog oor! Daar leef soveel in my hart, maar ek wil net ‘n paar punte met julle deel:

*

Ek het van vandag af vir die eerste keer ‘n kantoor!!!!!!! My eie een! Ene met 2 nuwe kantoorstoele. Ek droom al so lankal van dit.

*

Gister het ek die skottelgoed so gekyk, my werk so gekyk en besluit ek gaan vir my ‘n “LG Saartjie” koop. Saartjie staan nou in haar hoekie in die kombuis en ek gaan haar nog baie dankie se. Sy het amptelik al een keer gewerk. Sy is pragtig!

*

Maré is van vandag weer terug by die werk!!! Sy is my regterhand en werk twee dae ‘n week vir my. Sy was nou vir 3 weke op vakansie en ek is so bly sy is terug! Die jaar het groot dinge vir haar in stoor en ek is opgewonde daaroor!

*

God werk in my hart. Selfs die deeltjies wat ek nie van geweet het nie.

*

Ek het cool maatjies.

*

My ma-hulle (uit die Karoo,) asook my broers en skoonsuster kom more aand by my eet.

*

Ek woon in die 3de mooiste plek in die hele wereld. (Die ander 2 plekke is ook in Suid Afrika though.)

*

Ek is gesond.

*

Dis my werk om foto’s te neem.

*

My hartjie klop, my oe blink en ek sien uit na die jaar. (En nee, ek is nie verlief nie! Dit kom nog. Wanneer die tyd reg is.)

Wonderlike 2010 vir julle almal. ***

let me know what you think