My Portfolio
Pick Me
Blog
Availability
Me Links
Home

August 2nd, 2009 | Other,Shoots | Subcribe to RSS

Ons is gevra om ‘n laast post te doen op die AOH blog.

(Vir die van julle wat nie weet nie, ek het in Junie/Julie die laaste gedeelte van ‘n toer  gedoen wat van Naboomspruit SA tot in Kairo Egipte was. My deel het oor Soedan en Egipte gestrek.)

Ek wil dit graag met julle ook deel:

 

Nou ja. Ek kan skaars glo hierdie is die koebaai van die eerste AOH.

Soos Lodie in ‘n mail geskryf het: “So het ons maande en maande se uitsien en beplanning gerealiseer, en nou is dit verby.”

Sommer net so.

As mense my vra hoe die trip was, kan ek net sê: “‘n Belewenis wat my as mens verander het.”

Dan is die volgende vraag: “Wat was die hoogte punt?”

Dan ek kan met baie sekerheid sê: “Soedan se mense.”

“En dit laagtepunt?”

“Egipte se mans.” (Nie almal nie, maar die overall. As ek maar mag veralgemeen.)

Toe sê iemand: “Maar jy sê dan net ‘die mense.'”

Dis toe ek dit ook die eerste keer so besef. Dit is die mense.

Ek die mooiste natuurskoon gesien. Ek het onder die sterre geslaap, die White dessert het my tone gebrand, ek het die Nyl gesien sonder om te kan sien waar dit begin of eindig, ek het bokke gemelk, kameel melk hcg diet protocol in tee gedrink, die kameel gery, kosse leer liefkry wat ek nie geweet het bestaan nie, vars dedels geeet, die “deuntjie toeters” van die busse leer liefkry, die son rooi sien sak oor Soedan, die son mooi sien verdwyn agter die peramiedes en soms in die woestyn kon ek my oë toemaak en daar was net eenvoudig doodse stilte. (Behalwe die bloed in jou ore wat jy kan hoor.) Dit alles was wonderlik. Regtig-egtig wonderlik. Maar op die ou end was dit die mense. As jy oor 50 jaar weer vir my moet vra, mag ek dalk al baie van die detail van die roete vergeet het, maar daardie mense het iets gedeel wat aan my hart kom kleef het.

Dit bring my uit by my “foto van die trip.”

Ek dink julle gaan verras wees oor my keuse, maar dis vir my soos ‘n simbool van dit wat ek in my hart voel: 

 

lizelle-lotter-aoh-2

 

 

 

Ek het gewonder hoe dit gaan wees om weer terug na die “normal lewe” te keer, maar ook besef ek het iets gemis terwyl ek weg van die huis was.

My mense.

Ek het vir my ma in die Karoo gaan kuier en teen dit tyd wat ek terug Stellenbosch toe moes gaan, het sy vir my die volgende gegee:


lizelle-lotter-aoh-1

 

My hart het tuis gevoel.

let me know what you think

  • Stephan
    August 2nd, 200911:10 pm

    Kan twee fotos soveel meer sê as wat woorde ooit sou kon…

  • rebecca
    August 3rd, 20093:59 pm

    I love this! Just goes to show that wherever you go, people are people and we are all one family under God…

  • Wynand
    August 11th, 20098:55 pm

    Well spoken! Eks regtig bly ons het kort voor ons troue van jou gehoor en dat jy ons shoot kon doen. Nou sien ek dis dalk jou ma se skuld dat jy die “poerings” van die lewe kan raaksien en geniet (en “skiet”)

  • Liana
    October 23rd, 200912:13 pm

    iets aan hierdie fotos het my nou trane in my oE laat kry. dis blessed