February 1st, 2010 | Shoots, Weddings | Subcribe to RSS
Ek het die Donderdagaand in Johannesburg geland en ek moet se, dit is nogal eienaardig om so op die lughawe te land en jy weet nie eers hoe die bruid en bruidegom lyk wat jy die volgende dag afneem nie.
Ek het gewag vir my tassies en Henrike se vriendin wat my kom optel het, het vir my ‘n gerusstellende sms gestuur om te se hulle wag vir my en sy het spesiaal ‘n pienk hemp aangetrek sodat ek haar dadelik kan herken. Daarna het hulle my gaan aflaai waar ek vir die aand sou oorslaap. Ek het lanklaas sulke gasvryheid beleef! (Laas in Soedan dink ek…en my ouers natuurlik!)
Dit was laat, maar daar is vir my gewag, my kamer gestock met toebroodjies sonder korsies, ‘n houer met yskoue water, die heerlikste druiwe, sjokolade balletjies en alles wat ek verder aan kon dink wat ek moontlik kon nodig he.
Die volgende dag het ek vir Henrike ontmoet en dit was weird, maar dit het gevoel of ek haar al lank moes ken. Johannesburg het my heeltemal van my voete af geklits. Johannesburg en Pretioria is ‘n blur vir my. Ja, ek is ‘n regte egte kapenaar en hier verras dit my so.
By die troue self is daar soveel maal gevra of ek alles het wat ek nodig het, of ek al geeet het, of ek baie hard werk ens ens.
Eintlik wil ek net se, iets wat nogal scary kan uitdraai was ‘n fees. Dis vir my snaaks dat ek nie sommer net ‘n kuiertjie sal kan reel as Andre en Henrike se foto’s afgehandel is en hulle dit kan kom kry nie. DHL sal maar die ding moet doen. Dankie André en Henrike dat ek julle dag kon deel en dat julle gasvryheid my voete onder my uitgeslaan het. Julle het warm harte en dit straal as deel van julle menswees uit. Blessings vir julle huwelik, saam met God gaan julle nog soveel adventures he wat ander se lewens gaan aanraak.


















By die chapel se venster uit geneem.




































Venue: Memoire Johannesburg














almari
dis net stunning!! love jou werk vrek baie en leer so baie! dankie
Du Wayne Denton
Stunning. Love the shots with the expressions of the groom. The pictures in the long grass is also beautiful.
LizMarie
Sjoe Lizelle dis baie mooi!
adri
wow Zella. Pragtig soos altyd!
Liana
beAutiful!
ursulene (suster van die bruidegom)
Baie dankie dat al ons mooi herhinderinge van die dag so mooi vasgevat het. Ek het so lank na die fotos uitgesien, en “well done” dit is regtig great. Ek kan sien hoekom hulle aangedring het om jou as fotograaf te he.
Chriscelia Pienaar (ma van die bruidegom)
Baie dankie vir die pragtige fotos. Dit is sooo lekker om daarna te kyk!!!
Drikus
Hoe awesome is die stene met die groen gras tussen-in!
Cindy
Lizelle,
Dis alweer ongelooflik mooi. Die foto van die bene is vir my great! Ek wil sommer lag!
Ek het ‘n AAKLIGE week agter die rug, en jou fotos laat my smile. Dankie.
Maré Rootman
So ‘n klassieke troue, dis pragtig!
Engela
Oe Lizelle!!!!! Jy is amazing! Die bruid is die mooiste meisie, haar man so cool. Was dit nie net die mees geseende dag nie!? Wat ‘n HUGE voorreg om daarvan deel te wees! Dankie dat jy die spesiale oomblikke en die fyn detail raaksien! Jy is die beste!
Hayley & Julian Pienaar
we so enjoyed looking at the photos - they are truly artistic & creative - what a day it was! X
June
Ai, my woorde klink al so leeg, maar pragtig pragtig pragtig!!!
Emily Lewin
Lovely Lizelle!
I feel like these have a different feel editing wise from what I’ve seen you do before but I like it! Are you using some different editing tools now? I like the sepia tone you have going on these. Beautiful work as always!
Selby en Suzanne (vriende wat só graag daar wou wees)
Dankie dat ons hier in Kanada darem ook kon deel in die pragtige troue! Pragtige fotos!!
Conal & Louise Gain
Lovely to see your beautiful photos - so sad that we couldn’t be there. You make a stunning couple!
Stella
Beautiful Lizelle…love the groom and grafitti shot
Anna-Marie Leygonie
Vars, vrolik en besonderse ‘tegnieke’! Ek was nie daar nie, maar die ‘gevoel’ van die troue was gefotografeer en vasgele! Doen so voort!
Eudene Pretorius
ONGELOOOOOFLIKE FOTOS!!!
Charles
Great Pics
Bernard
Sjeeez hier’s al so baie comments ekt nou amper uit-chicken!
Goeie werk! Ek’t nou ‘n rukkie laas hier kom inloer (bandwidth and such), maar eks rerig super impressed. Seriously. Good job.
Ek vlieg self vroeg Maart so op vir ‘n troue, en deel helemal jou sentiment @ hoe weird dit is. Darem vlieg ek lanseria toe - daar’s darem minder spasie vir verwarring! (my heel eerste solo troue was so ‘n PTA troue, ‘n week voor die tyd gereel, en dit was damn scary!).
Liz-Mari
Maggies mens… ek kan nie wegbly van jou site af nie. Jou fotos is fantasties. Ek love die foto van die bruidegom met sy “I’m watching you” tipe pose…
Mari (Andre se niggie)
ek is sooo spyt dat ek nie self daar kon wees nie, maar die fotos is iets ongeloofliks. dis is bitter mooi.