My Portfolio
Pick Me
Blog
Availability
Me Links
Home

benjamin-1

Die laaste 2 jaar was af naweke soos hoendertande. As ek baie eerlik moet wees, het dit my bietjie begin vang. Ek is MAL oor troues en wanneer ek by ‘n troue is, geniet ek dit baie, maar dit bly moeilik om nee vir jou vriende en familie se. Eintlik het ek net bietjie sleg beplan. Troues word so ver vooruit gereel dat ek net nie daaraan gedink het om vir my af naweke te “book” nie. Ek moes toe die besluit neem om af naweke te book. Ek het gaan sit en een naweek in elke maand vir my gemerk as ‘n af naweek. Ek het net weer besef verhoudinge is net te belangrik om heeltyd te werk.

Na byna ‘n jaar was hierdie naweek my eerste self-geneemde af naweek. Toe my plaas-mamma (aka stiefma…maar dit klink te stief vir hoe lief ek haar het) my bel om te vra of ek nie DALKIES af is nie, was ek so ongelooflik opgewonde om ja te kan se. Dit was my ouma (eintlik stiefouma…maar ek is heeltemal te lief vir haar om haar met die woord stief te vereenselwig) se 88ste verjaarsdag. Byna die hele familie genooi na ons plaas in die Overberg en as ek moet begin uitbrei oor hoe lekker dit was, sal julle ekstra 10min moes uitsit om dit te lees. Maar dit was ongelooflik lekker.

Ek het weer in die kamer geslaap waarin ek groot geword het (hierdie huis is nou ‘n gasterhuis op ons plaas, Arolela, gaan loer gerus!!!!) en bande is “vervars” met die fam. Wat ‘n fees. Verseker aan te bevele.

Nou eers bietjie meer oor my ouma. Ek kon skaars glo ouma Annetjie het 88 geword. Sy is een van daardie vrouens wat net eenvoudig in jou hart kruip en daar bly. Sy is wys en gebalanseerd, met ‘n moed en wil vir die lewe, wat ek nastreef vir wanneer ek ook al meer lyntjie en ligter hare verdien het. Die lewe het al paar woeste houe vir haar uitgedeel, maar sy het die vermoe om deur dit te werk, te leer daaruit wat sy moet en dan gaan te gaan, met nuwe “added” karakter en woema.

Ouma, ek kyk regtig op na ouma met baie resprek en wens ek kon ouma elke dag  ”drukkie, soentjie en geselsie.” Net seeninge vir al die nuwe dinge wat voorle. Ek bid vir guns en tonne pret by die nuwe huis!!! Liefde L ***

ouma-88-lizelle-lotter-28

Read More »

I found this image yesterday while going through some of my personal photos and loved it so much I just had to share it! It was taken on a very cold afternoon when my brother and I went for a walk on our farm in the Overberg. He must have missed his afternoon nap…

tjaart-lizelle-lotter-1-2

December 1st, 2009 | Other, Photo of the week | Subcribe to RSS

For some time now I’ve been thinking of publishing “random” photos that I take but somehow never got to it. But, I am starting a “photo of the week.”

Enjoy this first one! Its Rusty in his new home, after being rescued from the SPCA.

lizellelotter2009