August 30th, 2010 | News, Photo of the week, Shoots, Uncategorized | Subcribe to RSS
Die laaste 2 jaar was af naweke soos hoendertande. As ek baie eerlik moet wees, het dit my bietjie begin vang. Ek is MAL oor troues en wanneer ek by ‘n troue is, geniet ek dit baie, maar dit bly moeilik om nee vir jou vriende en familie se. Eintlik het ek net bietjie sleg beplan. Troues word so ver vooruit gereel dat ek net nie daaraan gedink het om vir my af naweke te “book” nie. Ek moes toe die besluit neem om af naweke te book. Ek het gaan sit en een naweek in elke maand vir my gemerk as ‘n af naweek. Ek het net weer besef verhoudinge is net te belangrik om heeltyd te werk.
Na byna ‘n jaar was hierdie naweek my eerste self-geneemde af naweek. Toe my plaas-mamma (aka stiefma…maar dit klink te stief vir hoe lief ek haar het) my bel om te vra of ek nie DALKIES af is nie, was ek so ongelooflik opgewonde om ja te kan se. Dit was my ouma (eintlik stiefouma…maar ek is heeltemal te lief vir haar om haar met die woord stief te vereenselwig) se 88ste verjaarsdag. Byna die hele familie genooi na ons plaas in die Overberg en as ek moet begin uitbrei oor hoe lekker dit was, sal julle ekstra 10min moes uitsit om dit te lees. Maar dit was ongelooflik lekker.
Ek het weer in die kamer geslaap waarin ek groot geword het (hierdie huis is nou ‘n gasterhuis op ons plaas, Arolela, gaan loer gerus!!!!) en bande is “vervars” met die fam. Wat ‘n fees. Verseker aan te bevele.
Nou eers bietjie meer oor my ouma. Ek kon skaars glo ouma Annetjie het 88 geword. Sy is een van daardie vrouens wat net eenvoudig in jou hart kruip en daar bly. Sy is wys en gebalanseerd, met ‘n moed en wil vir die lewe, wat ek nastreef vir wanneer ek ook al meer lyntjie en ligter hare verdien het. Die lewe het al paar woeste houe vir haar uitgedeel, maar sy het die vermoe om deur dit te werk, te leer daaruit wat sy moet en dan gaan te gaan, met nuwe “added” karakter en woema.
Ouma, ek kyk regtig op na ouma met baie resprek en wens ek kon ouma elke dag ”drukkie, soentjie en geselsie.” Net seeninge vir al die nuwe dinge wat voorle. Ek bid vir guns en tonne pret by die nuwe huis!!! Liefde L ***
August 26th, 2010 | Shoots, Weddings | Subcribe to RSS
Wat ‘n sonnige dag in talle opsigte! Dit was ‘n warm Augustus dag en vriende en familie was opgewonde om die dag met Gideon en Zita te deel. Zita was die rustigheid self en terwyl die blomme-meisietjie ge”pout” en gesmile het vir my, het sy en haar bridesmaids champagne geniet. Later terwyl ons in die lande van Kleine Valleij foto’s geneem het, kon ‘n mens die musiek hoor terwyl die mense gesellig saam kuier. Dankie Gideon en Zita dat ek die dag met julle kon deel! Blessings!!!
August 11th, 2010 | Shoots, Weddings | Subcribe to RSS
First wedding of new season: check
Really awesome couple: check
Wedding with a difference: check (LOVED IT SOOOOO MUCH!)
Lizelle excited: check
24 guests: check
(from Austria, France, Holland, Namibia and South Africa!)
…ready for the take off- ENjOY!!!!
August 4th, 2010 | Engagement, Shoots, couples | Subcribe to RSS
After an awesome 3 weeks of almost doing nothing but fun stuff, I am back for the new season and somehow feel very excited about it! There are loads of new people to meet and lots of new photos to take!
This shoot was the first of the season and once again, what a way to start! Charlotte is a friend of mine and the master behind the design of my website! I am very sad that I will not be able to attend their wedding, but keep your eyes on the blog of their excellent photographer, Du Wayne Denton!
For the shoot we literally just drove to Cape Town and went wherever we wanted to go! Carlo could not stop talking about how much he hated posing, but in the end we had so much fun, he forgot all about his fears. If there is one thing that stands out in their relationship, it would be we way they can laugh together. It was so much fun with the 2 of you!
July 8th, 2010 | Other, Shoots | Subcribe to RSS
Hierdie is een van die cute-ste honde op hierdie aardbol! Hy het so baie persoonlikheid, het sy oulike scruffy look (selfs is hy baie mooi skoon en versorg) en is sommer in die algemeen net cool…en het dan nog ‘n super hot-shot fotograaf “mamma!” Ek het Rensche so deur die fotografie op die internet “ontmoet” en toe vinnig gesien toe sy na ‘n vriendin se troue toe gekom het in die Kaap. Toe ek Johannesburg toe gevlieg het was dit my beurt om te gaan hallo sê. Rensche neem regtig ongelooflike mooi foto’s, so maak seker julle gaan loer na haar blog! You will be blown away. En as jy in die Gauteng area trou, kontak haar!!!!
Geen shoot is beplan nie, maar ons moes darem net met rambo en haar “Canon 50mm f1.2 lens” gaan stap! Hoe lank nou al wik en weeg ek oor die 5omm f1.2 en ek moet met julle deel, ek het letterlik 1 foto geneem en ek was oortuig. Ek is gaaaaande oor die lens en het toe net daar en dan besluit ek gaan vir my ook een koop. Tot nou toe het ek met die 50mm f1.4 geneem en het hom verskriklik baie gebruik. Niks beat die kwaliteit van ‘n fixed lens nie-dis awesome! Maar voor ek julle verveel met die detail: Ontmoet vir Rambo en Rensche!!! (en die awesomeness van die 50mm f1.2)
June 29th, 2010 | News, Other, Shoots | Subcribe to RSS
If you say Facebook is not a great social network media-then i beg to differ!
To take this story very far back: Since forever I really wanted to fly with …. well, basically anything with wings! (For my bday last year I went skydiving!) About 3 years ago I even made a little ad to put up at the Stellenbosch Flying Club saying that I would do a portfolio for anybody who is willing to take me flying. Nothing came of it. But I knew that one day (and hopefully even more in the future) I will have my chance.
A few weeks ago, a photography friend, Wil Punt, said something on Facebook about the fact that he went flying over Stellenbosch. I mentioned that I rrrreally want to fly too and that Im glad he had the chance. THEN! A message from another facebook-friend who invited me to go fly with her and her dad near Johannesburg if I ever happened to be in the area. It so “happend” that I was on my way to Joburg that specific weekend for Rousseau and Lana’s wedding! I was so over the moon that it worked out!
Schantel is an awesome photographer and you should definitely head over to her blog. Her dad (Johannes) and herself went out of their way accommodate me and spoil me with lots of awesomness. They are the kind of people who give with their whole heart and I can only pray that they get back in ten-fold what they so freely give away.
If you ever need “door-to-door service for consignments of various sizes by road”, please do go to their Brookfield Courier website and contact them!
Here are some from our trip:
June 28th, 2010 | News, Other, Shoots | Subcribe to RSS
I’ve always been proud being called a South African. Thursday, 24 June 2010, I was even a bit “prouder.” I’ve experienced a soccer match at the Green Point Stadium in Cape Town - South Africa. It actually was a little bit overwhelming. I am still digesting everything I saw and heard and who knows what else. This probably is a once in a lifetime experience and I am so glad I had the chance to go.
We left quite early the afternoon to meet up with some friends and just walked around and enjoyed the “gees.” Painted faces, colourful outfits, vuvuzelas, wigs and laughter was to be seen and heard everywhere.
And I just enjoyed it so much walking around with my camera and…NEW LENS! A bit more about this later.
…and oh yes, before I forget, the game was between Netherlands and Cameroon.
Thanks to Maré for this photo!
June 24th, 2010 | Family, Other, Shoots | Subcribe to RSS
Ek is so opgewonde om hierdie post met julle te deel. My eerste (betaalde) shoot vir ‘n magazine- vir SARIE! Is so lekker dat daar altyd nuwe goed op die horison is. Hou die lewe so lekker interessant!!!
Die shoot was van Alta Joubert en haar opeet-oulike-en-mooi-kinders. Alta is beter bekend as een van die energieke dames van Lollos. As jy jong kinders het en nog nie van Lollos gehoor het nie, stel ek voor jy gaan sommer nou na hulle webwerf toe om bietjie meer te leer. Sarie het ook op hulle webwerf ‘n link gesit: Sarie Link
Teen die tyd wat die shoot verby was en ons alles opgepak het, hoor ek hoe verskoon Alta haarself om “die gemors op die TV” te gaan afskakel wat haar kinders gesit en kyk het. Dis vir my AMAZING om te weet dat Alta omgee oor wat haar kinders kyk, want dit beteken net een ding; sy lewer nie “gemors” aan ander mammas se kinders nie.
Dankie aan Danny Toüa (die stilleerder) wat my so baie gehelp het met hierdie eerste shoot! Ek hoop dis die begin van nog vele ander lekkertes.
Geniet julle!
June 23rd, 2010 | Shoots, Weddings | Subcribe to RSS
Vandag weet ek regtig nie waar om te begin nie. Rousseau is nie net my nefie nie, hy is ook ‘n vriend. Sy wysheid en insig, asook liefde vir die die mense rondom hom en God, wys in sy allerdaagse lewe. Ek het nog altyd gewonder wie sy vrou gaan wees. Hy het vir jare elke dag vir haar gebid. Op eerste oogopslag is Lana beeldskoon. Wanneer jy net ‘n bietjie tyd met haar spandeer, dan weet jy sy het ‘n warm hart en haar sielsvenstertjies het ‘n spesiale lewenslustige blink.
Hulle het ontmoet by Stellenbosch Universiteit, waar hulle albei klas gegee het. Intussen het Lana begin medies swot en soos haar suster sê, sy is die “hoogs-gekwalifiseerde eerstejaar student.” (Wys jou, sy het nog hare op haar tande ook!)
Om by die actual troue uit te kom. Hulle het in Witrivier getrou, wat in die Laeveld is. Wow! Ek het nie geweet dis so mooi daar nie! Amper so mooi soos die Overberg. ;-) As ‘n mens gaan stilstaan en luister, klink dit of ‘n mens in ‘n voëlpark staan. Ek was mal oor die nuwe visuele stimilering.Die onthaal is onder ‘n bedouin tent gehou en buite het die couches cozy om die vure gestaan. Die toesprake was opreg en uit die hart en daar was paar keer deur die dag wat ek bly was dat ek ‘n kamera as ‘n masker kon gebruik.
Rosser en Lana, julle is ‘n stunning couple. Julle liefde vir God gaan nog talle lewens aanraak. Ek hoop julle is gaaaaande oor julle foto’s!
June 17th, 2010 | Shoots, Weddings | Subcribe to RSS
Jacques en Kathryn was so ‘n ontspanne paartjie! Ek het amper die heeltyd vir hulle gelag…want dit was net so aansteeklik! Dankie vir goeie tye julle- lekker kyk!
June 14th, 2010 | Shoots, Uncategorized, Weddings | Subcribe to RSS
Dit was Amanda se mail aan my. Dis vir my so ongelooflik mooi as ‘n vrou so opbouend van haar man praat:
“Ek dreig al drie jaar om couple foto’s van my en my wonderlike man Werner te laat neem, maar bly uitstel en uitstel en uitstel. NO MORE! Lizelle, ek het die wonderlikste man in die HELE wêreld. Hy is ongelooflik, amazing en up for a challenge and a surprise!. Ons is vanjaar sewe jaar getroud en raak net al liewer vir mekaar en vul mekaar aan op maniere wat ek nooit gedink moontlik sal wees nie! Ons is in die herfs getroud en is mal oor herfstyd.”
Geniet die kiekies, dit was ‘n fees met julle 2!!!
June 10th, 2010 | Shoots, Weddings | Subcribe to RSS
Dit was so ‘n lekker dag saam met Cobus en Mandi! Mandi kon nie ophou smile nie en Cobus was die heeltyd reg aan haar sy om elke oomblik saam te geniet. Daar was soveel van die detail waarvan ek gehou het! Van Mandi se eie-soortige Lunar rok, Cobus se skouer-ryker, die tannie wat die orrel in Stanford se klipkerk gespeel het, die ongelooflike weer na ‘n reenerige week, gaste wat rustig pre-drinks geniet en dan nog die onverbeterde decor (wel gedaan aan Johnny!) en “setting” van die onthaal, so op ‘n windstil Hermanus aand. Dis ‘n troue om te onthou! So dankie dat ek kon deel in dit Mandi en Cobus! Lekker kyk:
May 25th, 2010 | Shoots, Weddings | Subcribe to RSS
Hierdie dag was sinoniem aan lag. Hoe heerlik! En dis nie eers om te praat van die weer nie. Dit was een van daardie crisp helder dae wat sommer lyk na ‘n goeie dag om te trou. Suné se rok is deur een van my fav designers gemaak en die decor was ‘n mengsel van die ongelooflikste elemente; van tulpe tot pere! Terwyl ons nog hulle couple foto’s geneem het kon ons hoor hoe gaste alreeds die troue geniet. Die “lag” is oorgedra deur die speeches, die ete tot op die dansbaan. You got to lovit!
May 21st, 2010 | Shoots, Weddings | Subcribe to RSS
Daar is soveel wat ek oor die troue kan se, maar weet nie eers waar om te begin nie! Ek het dit so geniet dat Phillip en Jay hulle troue hulle s’n gemaak het. Jay se mooie rooi rok het soveel vir die foto’s gedoen en daar is aan elke kleine detail aandag gegee. Hoe langer die dag aangegaan het en meer ek vir Phillip en Jay saam gesien het, hoe meer kon ek die liefde vir mekaar raaksien. Dis awesome! Jay het vooraf vir my vertel dat hulle by hierdie spesifieke huis foto’s wil neem en ek moet se, wow! Any day again. Mag julle foto’s julle bless!!!
May 18th, 2010 | Shoots, Weddings | Subcribe to RSS
Sommige mense kan met woorde toor en weet net presies waar om watter in watse volgorde te gebruik om hulle hart te spreek. Benescke is een van daardie mense. Dit is dus ook geen wonder dat sy vir Radiokansel werk nie. Voor sy by die die aisle af gestap het, het sy as verrassing vir Johannes ‘n vooraf opgeneemde “uit-die-hart-liefdes-verklaring” gespeel. What an entrance!
Hulle is maatjies en het die dag net so geniet en elke oomblik ingeneem. Mag die foto’s julle storie in beeld (wat my taal is) vasvang! Dit was ‘n voorreg om julle te kon leer ken!
May 16th, 2010 | Shoots, Weddings | Subcribe to RSS
Dit was een van daardie mooi rustige dae waar tonne mense in Kalkbaai se strate en by die hawe rond gedwaal het. ‘n Straatkat het hom tuis gemaak in my motor toe ek stop voor die gastehuis waar Shalati aangetrek het en ‘n oom het met sy 2 honde op “Sondag-middag-spoed” by die trappe af gestap gekom wat die stegies tussen die huisies vorm teen die styl bulte. Ek wonder altyd hoe die gevoel by die bruid in die kamer gaan wees voor ek instap. Hoe heerlik was dit toe daardie selfde rustig gevoel ook in die kamer was! (En wat ‘n stunning gastehuis!!!!) Dis nie Shalati of Jacques se gunsteling tydsverdryf om foto’s te neem nie, maar hulle is sulke ongelooflike mense, met die rustigste en mooiste geaardhede dat dit nie anders kon as om te wys in die foto’s nie! Ek het dis so geniet om julle af te neem en mag julle die eind-resultaat LOVE!!!
May 7th, 2010 | Shoots, Weddings | Subcribe to RSS
Ek weet eintlik vandag nie eers waar om te begin nie. Gideon en Sonja is so na aan my hart. Vir Gideon ken ek van laerskool dae af en het al talle Paasnaweke saam met hulle as familie gespandeer. Ek het ook die voorreg gehad om sy een suster, Elmarie se troue in Denver USA af te neem. Vir Sonja het ek ook by die Bosman familie se huis leer ken. Ek het die meisietjie so gekyk en gedink sy is regtig baie oulik! Nie te lank daarna het die verlowing gevolg en dit vra natuurlik vir verlowing foto’s! “Oulik” het intussen gegroei na opreg, ‘n super-dooper pasmaat vir Gideon, ‘n vriendin, ‘n vrou van God en glo my, die lys kan aangaan. Dit was so lekker om deel van die dag te wees. Ek het seker die helfde van die mense by die troue geken en dit voeg natuurlik sommer weer ‘n heel ander “flavour” aan die troue.
Ek sien uit om te sien hoe Gideon en Sonja se verhouding gaan groei, want oh boy, hier kom groot dinge! Ek hoop die fotos is meer as waarvoor julle kon hoop en so dankie dat julle julle is!:
May 6th, 2010 | Family, Other, Shoots | Subcribe to RSS
Danny & Garitha het Michai & Danny aangeneem om hulle seuns te wees.Die twee is reeds al so tuis met hulle mamma en pappa. Maar geen wonder. Ek het het nog nooit vir Danny en Garitha ontmoet nie, maar toe ek by hulle huis instap, kon ek die warm gevoel van liefde en aanvaarding voel. Vir die eerste 10min het ek myself net bekyk aan hierdie 2 kleine lyfies. So perfek. So reg om te groei, te leef, te leer en te blom. Dit was vir my ‘n heerlike ondervinding, dankie Danny & Garitha!
May 6th, 2010 | Shoots, Weddings | Subcribe to RSS
Rudi en Natalie wou gehad het dat dit net ‘n “chill” dag moet wees saam met die naaste vriende en familie en dit is verseker ‘n goeie beskrywing van hul dag! Dit was ‘n fees om hulle af te neem met hulle engagement shoot en die troue sommer net soveel te meer! Natalie het aandag aan die kleinste detail gegee en Rudi het net reg gestaan om haar lief te he.
Geniet dit sommer baie!
May 4th, 2010 | Engagement, Shoots, couples | Subcribe to RSS
Alles was so lekker hierdie dag! (Ok, miskien nie die traffic deur Kalkbaai nie.) Dit was my eerste shoot in Noordhoek, dit was ‘n treat om vir Sarel en Mariëtte af te neem en by tye met die shoot het dit gevoel of ek terug in USA is! So dankie Sarel en Mariëtte, ek kan nie wag vir julle troue nie!!!
































