My Portfolio
Pick Me
Blog
Availability
Me Links
Home

January 28th, 2010 | News, Other, Uncategorized | Subcribe to RSS

Rebecca send me this image on of their friends took with a Hoga camera. I LOVE it!

If you are interested in cameras like this, you should go to Exposure Gallery at the Old Biscuit Mill. On the website, go check out the Lomography section. It’s HOT stuff!

(The one with the camera smiling and running around, that’s me!)

brucerebecca

:-)

January 13th, 2010 | News, Other, Uncategorized | Subcribe to RSS

As julle wou foto’s sien, is hierdie net vir vandag nie die plek nie. Ek is net so dankbaar dat dit wil oorloop, nou loop dit maar in die blog oor! Daar leef soveel in my hart, maar ek wil net ‘n paar punte met julle deel:

*

Ek het van vandag af vir die eerste keer ‘n kantoor!!!!!!! My eie een! Ene met 2 nuwe kantoorstoele. Ek droom al so lankal van dit.

*

Gister het ek die skottelgoed so gekyk, my werk so gekyk en besluit ek gaan vir my ‘n “LG Saartjie” koop. Saartjie staan nou in haar hoekie in die kombuis en ek gaan haar nog baie dankie se. Sy het amptelik al een keer gewerk. Sy is pragtig!

*

Maré is van vandag weer terug by die werk!!! Sy is my regterhand en werk twee dae ‘n week vir my. Sy was nou vir 3 weke op vakansie en ek is so bly sy is terug! Die jaar het groot dinge vir haar in stoor en ek is opgewonde daaroor!

*

God werk in my hart. Selfs die deeltjies wat ek nie van geweet het nie.

*

Ek het cool maatjies.

*

My ma-hulle (uit die Karoo,) asook my broers en skoonsuster kom more aand by my eet.

*

Ek woon in die 3de mooiste plek in die hele wereld. (Die ander 2 plekke is ook in Suid Afrika though.)

*

Ek is gesond.

*

Dis my werk om foto’s te neem.

*

My hartjie klop, my oe blink en ek sien uit na die jaar. (En nee, ek is nie verlief nie! Dit kom nog. Wanneer die tyd reg is.)

Wonderlike 2010 vir julle almal. ***

December 1st, 2009 | Uncategorized | Subcribe to RSS

My broer, Tjaart, het in sy volle snor-glorie aan Movember deelgeneem. Gister het hy dit reggekry om dit sowaar nog ‘n stappie verder te vat. Hy het sy hare agter toe ge-gel en swart aangetrek, afgerond met rooi kruisbande. My fotografie vinger kon net nie nee se nie!

movember-3

Read More »

October 21st, 2009 | Shoots, Uncategorized, Weddings | Subcribe to RSS

As ek aan Stan en Steph se troue dink, dan smile ek. Ek wil nie te veel praat vandag nie, maar die twee is ‘n goeie team!!!

 

stan-en-steph-lizelle-lotter-1

 

Read More »

August 16th, 2009 | Other, Uncategorized | Subcribe to RSS

Aan almal wat my dalk in die volgende 6 dae gaan soek, ek en 3 ander Suid Afrika maters gaan op ‘n roadtrip!!! Ons vertrek vroeg more ogg (16de) en sal weer die 21ste terug wees.

Ons ry van Denver, verby die Grand Canyon, Las Vegas na Los Angeles toe. Ons is almal soooo opgewonde!!!  Nou ja, dis nou 11h43, ons ry 4h en ek moet nog pak!

Wynand en Sonke het my so gebless met net deur wie hulle is.
Hulle het deur waters gegaan waardeur niemand sal kies om te gaan nie. Soos die pastoor gese het wat hulle getrou het, niemand sou hulle eie lewensverhaal so geskryf het nie.
Maar Wynand en Sonke is sterk, gedetermineerd en ‘n mens kan nie help om die vrede en vreugde aan te voel wat hulle uitstaal nie.
Ek wens ek was ‘n skrywer om alles in my hart in woorde om te sit, maar ek kry dit nie reg nie. Al wat ek wel kan se, is dat ek weet God is in beheer. Selfs al lyk en voel dit nie altyd so nie. Keep going, keep trusing. Hy sien die hele prentjie.
Net blessings vir julle huwelik Wynand en Sonke. Julle as ‘n span maak ‘n verskil.

 

lizellelotterblog5-001

 

Read More »