My Portfolio
Pick Me
Blog
Availability
Me Links
Home

May 26th, 2015 | Shoots,Weddings | Subcribe to RSS

Die oggend terwyl ek oor die lande uitkyk van De Oudekraal venue af, het ek sommer geweet dit gaan ‘n goeie dag wees- Anandi (wat saam my op skool was) trou met haar Overbergse boer, Christie!

Ek dink almal se wange was seer gelag aan die einde van die aand. Wat ‘n fees om so met die 2 mense hulle troudag te vier! So baie-baie dankie Christie en Anandi dat ek kon deel in die dag en al die mooi vasvang! Baie liefde. xxx

 

‘n Stukkie van Anandi se stroie, uit ‘n mail wat sy vir my gestuur het:

 

Op Nuwejaar 2013 gaan stap ek op Scarborough strand en daar se ek toe vir die Here ek is nou reg en ek weet 2013 gaan ek my man ontmoet. Ek het geglo Hy gaan iemand stuur.
So het my lewe aangegaan tot Junie maand met a Groot terug slag waar ek my rug beseer met a disc  werwel wat geskuif het. Ek kon nie met my rug so aangaan en werk in a praktyk waar mens swaar honde optel. So ek het nie geweet hoe my lewe sou uit draai en moes terug huis toe trek.
Ek onthou hoe ek gehuil het voor die Here in ons klein kerkie op ons plaas en gevra het wat nou. Daardie maandag is ek af en ek doen  besigheid op Caledon, ek dink toe laat ek sommer instap in ABSA vir banksake .
Daar vra iemand vir my of ek ‘n boer, Christie wil ontmoet. Sy wil my voorstel. Ha ha, dink toe eers nee, maar stem toe in.
Met terug ry plaas toe besef ek my kinderdroom was nog altyd om met a Boer te trou en in die Overberg bly. Kan jy glo!?
So het a paar weke verby gegaan , en ek hoor niks.
Ek kry toe sy nommer  by my ma (sy en Christie het al stappe saam gedoen) en ek reel dat ons mekaar op Trekker skou in Viliersdorp ontmoet 9 Aug 2013. Ek hoor toe niks en die oggend van die skou laat weet hy dat hy kom deur.
Ek was daar om vriende te kry wat trekkers kou, so het deur hekke gegaan en geen idee gehad hoe hy lyk en waar ons gaan ontmoet.
So staan ek voor  hekke en wag en hy hou my toe dop, ‘n entjie agter my. (ek lyk baie soos my ma so hy het geweet dit moet ek wees)
Ek weet van niks, bel ek my vriende, sit my Black Berry terug in my sak langs my sy, besef toe nie ek gooi dit mis en val op grond nie. Christie sien dit en besef  “met daardie meisie gaan en trou.” So tel hy die foon op en kom staan voor my met foon in sy palm van sy hand en se “Anandi hier is jou foon.” Ha ha, so ek kon net weet dit is hy. So het ek glad saam met vriende gekuier en het die hele dag met hom gesels. Die kuier begin en ons altwee het geweet die Here het ons bymekaar gebring. Christie se weergawe van Trekker skou is dat ek aspris my foon laat val het, as a pick up line. (: Hy het my toe uitgevra op 14 September.

xxxx

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Iemand het sy Ferguson trekker met ‘n John Deer vervang :)

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 Hair and makeup: Rachel

Dress: Ilse Roux

Venue: De Oudekraal

Blomme: Carin Brink

Guesthouse where bride got dressed: Galashiels Lodge, Stanford

Assistant: Silver Suitcase Photography

 

let me know what you think

  • Beveley
    May 26th, 201510:33 pm

    Oh wow….stunning stuuning!!!!!

  • Liesel
    May 27th, 20158:08 am

    Lizellie jou fotos is AMAZING! Definitief troue van die jaar. Dankie Anandie en Boeta. Lief julle..

  • Mia
    May 27th, 20158:36 am

    Pragtig Anandi!!

  • Monick
    May 27th, 20159:16 am

    Julle het absoluut pragtig gelyk!

  • Jonel
    May 27th, 20152:05 pm

    Anands. Jy het soo mooi gelyk!!!!!!!!!!

  • Anneli Marinovich
    May 27th, 20157:10 pm

    Wat ‘n pragtige storie en stunning couple. Love jou werk soos altyd Lizelle :-)

  • Sanel
    May 27th, 20158:09 pm

    Sjoe Anandi, jy lyk stunning!!!!!! Baie geluk!!! Lizelle – baie mooi foto’s!

  • Loumarie van wyk
    May 27th, 201510:06 pm

    Lizelli….. jou fotos is weereens skitterend , jy het die wonderlike atmosfeer van Boeta en Anandi se troue so fantasties oorgedra… so n jubelende laggende vrolike couple!! Niemand kon dit betr doen as jy nie!! Die bruid en haar ma, Amanda, het so na mekaar en so stunning gelyk! well done once again!!

  • Natasha
    May 30th, 20158:05 pm

    Shoe besonders!!!! Anandi is baie fotogenies so dit het seker jou werk makliker gemaak;) Ek love die foto waar Anandi in die portaal staan lyk dit my waar die engeltjie en chandelier geblur is en waar sy afkyk. Besonders… Wel gedaan.

  • jou heel grootste fan
    May 31st, 201510:20 pm

    …vir seker bly ek jou heel grootste fan – en die stuk werk van jou bewys net weer hoekom…
    waarlik ‘n fees, vol vrolikheid – shu Zel, very well done – jy bly die beste!!!
    (Anandi, wow, jy’s pragtig – en baie geluk met jul huwelik – Godbless!)

  • Ilse Marais
    June 6th, 201510:18 pm

    ongelooflike mooi natuurlike foto’s, wonderlike weergawe deur die lens van ‘n gesoute fotograaf. Was ‘n besondere voorreg om deel te wees van julle dag van trou beloof aanmekaar vir ewig. Dankie liewe Anandie en Christie