My Portfolio
Pick Me
Blog
Availability
Me Links
Home

November 22nd, 2017 | Shoots,Weddings | Subcribe to RSS

‘n Paar maande terug was ek bevoorreg genoeg om te sien hoe dié 2 ontmoet. Ons was by ‘n filmfees, Karoo Ranching – sy was ‘n ruiter+model…en ek ‘n fotograaf. En die cowboy? Dis nou Johan. Ons het die een aand laat nog geshoot- sien dit gou: Aand. Sterre. ‘n Bergplato. Cowboys en -girls. ‘n Vuurtjie en braaivleis. Perde wat rustig rondstaan. Sterre en blikbeker koffie. Claudia en Johan het laataand met die perde terug gery en teen die tyd wat sy in haar bedjie langs myne ingekuip het in die kamer waar baie van ons dames geslaap het – kon ek haar ogies sien blink…selfs met die lig af. Maar meer nog – ek het geweet hulle harte het connect.

Sy is bitter famous en ‘n uitblink kunstenaar….maar sy is opreg. Sy is lief vir die Here en het haar man so met haar Pa se goedkeuring gesoek. Johan het die “catch of a lady” raakgesien. Heel moontlik met sy ogies (want sy is pragtig) maar ook met sy gees.

Die verlowing het vinnig gekom, die troue amper nog vinniger. Maar hier is die 2. Hulle is lief vir God, mekaar en hulle mense. Dankie dat ek kon deel in julle storie Claudia en Johan. Ek is opgewonde saam met julle oor julle huwelik en waarvoor julle staan.

Geniet die herinneringe van die dag! Baie liefde. xxx

 

…soos net ‘n pa na sy bruid-dogter kan kyk… <3


Dankie Karina vir al jou hulp!

 

Venue: Beloftebos

Blomme en Decor: Trouvrou

Handruiker: Bruid se ma

Runners op tafels: Claude Illustration – bruid self!

Rok: Genevieve Atelier

Makeup: Leandré van Rooyen

Bruid Hare: Sanmarie Botha

Bridesmaids Hare: Love Hair Boutique

Musiek: Baha entertainment

Bruidegrom pak: Woolworths

 

let me know what you think

  • Mariné
    November 22nd, 20179:52 pm

    Dit is absoluut ongelooflik pragtig. Alles is pragtig. Claudia, jy is ‘n pragtige bruid. Johan, jy het ‘n stukkie goud gekry. En Lizelle, jou pragtige werk het soos ‘n storie voor my ontvou – laat ‘n mens voel of jy self daar was. Well done!

  • Linda jou tweede grootste fan
    November 23rd, 20177:05 am

    Kan nie ophou kyk nie!

    Sooooooo mooi my mooie vriendin Claudi en Zellie.

  • lizelle
    November 23rd, 20179:55 am

    Heheeeeee! Love jou comment. <3

  • Talita
    November 23rd, 20171:16 pm

    Jy is beeldskoon, Claudia! Alles straal en my hart is so gelukkig vir julle. SO.VREK.SPYT ons kon nie daar wees nie. Geniet jul huwelik en se maar vir Johan hy het sy grootste geluk los geslaan. Lizelle, as always, jou foto’s is pragtig.

  • Muriel Els
    November 24th, 201710:08 am

    Absolutely stunning, Johan and Claudia, you compliment each other beautifully. I can see the love shine through on all these photos.