August 19th, 2011 | Shoots,Weddings | Subcribe to RSS
Was ek darem nou opgewonde oor dié troue. Johanna is ‘n goeie maatjie (het haar in 2003 ontmoet) en so het ek vir Donovan ook leer ken, nie lank daarna nie. Hulle is van daardie vriende wat jy nie so baie sien nie, maar wanneer jy tyd kry om te kuier, gaan jy net aan waar jy verlede keer opgehou het! Dan gesels ons vir ure lank, kyk foto’s, lag saam oor interssante dinge wat mens deurmaak, speel met die kat, eet te veel…en dit alles terwyl Donovan ons vermaak met sy bree algemene kennis of die mooi klanke van sy trek-klavier.
Ek het nou al so baie sinne begin om oor hulle troue te skryf, maar ek weet nie of ek moet praat oor hoe opgewonde hulle is oor hulle huwelik, die mooi detail, die ontspanne saam-kuier, hoe mooi die 2 vir my gelyk het nie of hoe perfek die weer saam gespeel het nie.
So, ek los dit maar weer vir die kiekies om te vertel.
Lief vir julle Johanna en Donovan! (en Ethan natuurlik!)
Die gesiggie-plantjies was die geskenkies vir die gaste:
Ethan, Johanna se oulik seun. (En nou Donovan s’n ook!)
Hoe pragtig is haar “hand-reiker!?!”
Johanna die moeder sorteer net gou liefdevol ‘n onderonsie uit:
Hierdie was Joahanna se ouma se hand-spieel:
Joahnna se suster, Thabitha het haar make-up gedoen:
Dit was baie spesiaal dat Donovan se pa hulle getrou het:
Ek is mal oor hierdie oomblik!
Johanna se ouers is ook in hierdie kerk getroud en hulle het ook so in foto geneem met die ouerpare op hierdie spesifieke plek:
Ma en dogters:
Voor oupa se huis:
Donovan en Johanna gaan kuier vir Oupa wat dit nie na die troue toe kon gemaak het nie:
Hy was so opgewonde om hulle te sien en het paar keer vir Johanna gese hoe mooi sy lyk:
Dit was nogal lekker koud – die arm haartjies getuig daarvan!
…jip! Sy is so mooi…
Voor Johanna en Donovan se eerste huisie saam!
Huis waar Johanna aangetrek het: Haar ouerhuis
Kerk: NG kerk Malmesbury
Onthaal: AGS kerksaal, Malmesbury
Make-up: Tabitha, Johanna se suster
Uitnodiging, blomme en decor: Johanna self
























































































Heline bekker
Awww! Ek het gehuil toe ek sien hulle het vir oupa gaan kuier! So kosbaar xxx
Rentia
Dis regtig Stunning!! Pragtige bruid. En die Hand-reiker is AMAZING!!!
WOW!!!
Lorette Appel
dis stunning! Johanna en haar familie is beauties!!!!!!! x
Nig Nella
Julle het sommer spiekeries gelyk. Die oupa-deel het my ook laat huil. Liefde en seën.
Du Wayne Denton
Wow, Lizelle. Jy het regtig mooi fotos geneem. Love die eerste foto! En Johanna jy het pragtig gelyk. Dit was lekker om vir jou familie weer te sien na al die jare. Alles van die beste vir julle nuwe lewe saam.
Esté
Die donker wolke lyk so mooi op die foto’s! Die foto in die veld geel blomme is pragtig
Marinda
Sjoe, dis PRAGTIG..! Al die fotos is so mooi en OPREG..!
rebecca
AMAZING Zella! I especially LOVE the bridal portraits! xxx
Alice Swan
Pragtig vasgevang!
Stella
Lizelle, dit is amazing!!!! Die donderwolke en die geel blommetjies – WOW!! Ringshot is my favourite
Maré Rootman
Sjoe, dis kosbare oomblikke, roer my harsnare, so so pragtig Zellie!
Bernard
Wow. Hoe awesome is daai rok nie? Wowz! Good job Lizelle, dis ‘n pragtige stel.
Poppy Webster
Absolutely breathtaking! Stunning photo’s of a stunning couple at their stunning wedding! Well done to everyone involved!
Johanna
Ek kan nie besluit waarvan ek die meeste hou nie! Sooooooooo goed gedoen maatjie!!! SO bly oor die oulike foto’s van my liefie ook:)
‘n Paar interresante punte:
Die handruiker bestaan uit borsspelde van beide my ouma’s (een reeds oorlede), van my ma, van ‘n vriendin en ‘n paar van wat ek reeds gehad het. Ek hou van die idee dat ek dit verewig kan hou as ‘n gedagte aan hierdie spesiale dag (dalk kan “my dogter” ook eendag daarmee trou?)
Die teepot (Shelly) was Donovan se oorlede ouma sin.
Die ou Bybel kom uit die 18 honderds – ou familie Bybel wat nou ons sin is
Die tafeltjie waarop die tikmasjien (van Malmesbury se Museum) gestaan het, het my pappa in Matriek gemaak. Die tafeltjie langs dit het my oom weer gemaak.
Die handskoene was my oorlede ouma sin gewees.
Al die gehekelde lappies het my oorlede oumagrootjie (die oupa in die foto’s se ma) gehekel.
So kan ek aan en aan gaan – elke dingetjie het omtrent ‘n storie aan. Dit het ons spesiale dag net SOVEEL meer gemaak!
Die foto van die ringe aansteek is SO uitstekend geneem – ek dink dit som jare se drome in waarwording op so ‘n fantastiese manier op! BAIE baie dankie vir die wonderlike manier waarop jy alles gedoen het Lizelle!!!!! Jy het my gedagtes van hierdie lewensveranderende oomblikke verewig in kleur!
nastassja harvey
oh my word zella, die couple fotos is ongelooflik!!! elke, elke een.
Jonel Oosthuizen
Ai, Ai. Ek sit nou eerlik waar met traantjies in my oë. Dis sulke pragtige fotos en Johanne, jy het pragtig gelyk. Mag julle huwelik sommer net pret en vol vreugde wees. Ai, ai….
Steven
Stunning images Lizelle! what a beautiful wedding. wonderfully captured.
Frik Kleinhans
Dis nou seker al die tiende keer dat ek die foto’s deurkyk. Eers wou ek net kyk omdat dit foto’s van my liewe seun en geliefde skoondogter en pragtige kleinseun is. Gou het die foto’s self begin praat. Dit vertel van ware liefde wat soos canolablommetjies geel skyn terwyl die onweers wolke toekyk. So skyn Johanna al ‘n paar jaar in ons familie se lewe. Dankie Lizelle vir kunstige foto’s.
RENE
oh it is absolutely beautiful.Stunning pictures and all the finer detail was done with love and great taste.Congrats you two may God bless you for many many years to come still.
A W S O M E!!!!!!1
Estie Thirion
Stunning! Al die fotos spreek so baie van die oomblik. So mooi vasgevang….
Taryn Ward
such a hot shoot!!! Beautiful bride wow! Love the first one
xx
Greta Watson
Dis van die mooiste troufoto’s wat ek nog in my lewe gesien het….
En dit het niks te doen met die feit dat ek Johanna “leer” ken het deur haar lappoppe nie, of die feit dat sy in die Swartland bly nie… sy was n ongelooflike mooi bruid..
Die foto’s is so, so smaakvol
Susan
jy kry dit reg om met elke troue daai wow foto te kry!(drome in die seuntjie se oê van “eendag”) well done. oupa se kuier ook spesiaal
marsel
wat n stunning en spesiale troue! al jou fotos vertel n storie. amper n traantjie gepik met die fotos by haar oupa. pragtige fotos lizelle!
Elmarie
Sjoe!! Dis absoluut asemrowend mooi!! Die volmaakte mooie natuur in samesyn met 2 mense se belofte aan mekaar! Pragtig!!
Heather Steyn
WOW! Dis amazing. I am running out of words to say – ek klink soos ‘n broken record maar jou werk is net super cool!!
ilse G
liewe Zellie…ek woordeloos oor wat jy hier reggekry het…
jou biggest fan!
tersia
hi-ek is johanni se suster -dit is seker die mooiste troufoto’s ooit!!! pragtige trourok …….en detail……moet nooit ophou nie
Tamara
So beautiful. Such variety in the couple shoot, without it looking ‘put on’. So so awesome
Juné Joubert
OH MY HAT HIERDIE IS STUNNING!!
nikki
Asemrowend!!! Daai detail shots en hierdie laaste shot..
Esme Engelbrecht
Hoe wonderlik is dit nie om vir n slag n troue wat”real” lyk te sien nie!!! Dis so opreg en nie oordadig soos deesdae se “Wedding planners” troues nie…..Pragtig!!!!
Anina
Jy het die storie so mooi vertel met jou fotos, dis beautiful!!
Chanique
Who do I have to call to order this dramatic sky??! Hierdie fotos is amazing Lizelle! Love love love dit
Shannon
Absolutely beautiful! The best was of them going to see “Oupa” so so special. So much love and sensitivity in every photo.
Antoinette
Genugtig, haar rok is asemrowend mooi!