My Portfolio
Pick Me
Blog
Availability
Me Links
Home

September 8th, 2015 | Baby,Family,News,Shoots | Subcribe to RSS

Ek het vir Ria gevra of ek hulle storie van haar Facebook Page mag copy. :) Hier is dit:

“My ouers het laas jaar Aug by ons gekuier vir my verjaarsdag. My hart was baie seer in daai tyd omdat ons al so lank gesukkel het om swanger te raak. Maar my moedertjie, het gedurende díe kuier ‘n paarkeer vir my gesê dat sy seker is ons sal die maand swanger wees, want die Here het ‘n belofte vir haar gemaak. Ek het later vir haar gevra om dit liewer nie weer vir my te sê nie, want enige iemand wat daardeur is sal ook weet dat mens in elkgeval elke maand vas glo dat dit díe maand verseker gaan gebeur en die teleurstelling is net te groot en te seer as dit dan nie is nie. En dit was toe ook nie.
Maar dit was toe wel begin November. Ons het in trane al die familie laat weet en meeste het saam met ons gehuil oor die goeie nuus, insluitend natuurlik my ma. Aan die einde van ons gesprek vra my ma toe wanneer baba se due date is. 17 Julie, sê ek vir haar en daar begin sy weer huil. 16 en 17 Julie 2014 het die Here my ma wakker gemaak om vir ons te bid. Sy het altwee aande die skriffie gekry in 1 Sameul 1 waar Hanna voor die Here huil vir ‘n kind en Eli haar kry: “Eli answered, “Go in peace, and may the God of Israel grant you what you have asked of him.””
1 Samuel 1:17
Ons dien ‘n God wat ons harte intiem ken en in detail met ons werk. God is goed en Sy goedheid ken geen einde nie!”

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

let me know what you think

  • Ria
    September 8th, 20153:37 pm

    O jinne! Ek is sommer in trane, Lizelle! Dis sooooo mooi! Baie dankie dat ons ‘elke dag dinge’ so mooi en kosbaar vasgevang het!

  • Jeanetta Dyman
    September 8th, 20153:46 pm

    Awesome foto’s. So natuurlik. Dit gryp jou vas. Jy wil neerbuig en die Here loof dat Hy so direk Sy belofte gegee het vir ‘n kindjie. So dankbaar. Loof die Here o my siel en vergeet geeneen van Sy weldade nie.

  • narine
    September 8th, 20154:25 pm

    Ek het seker nou 100 keer op en af gescroll en die fotos oor en oor bekyk. Pragtig!!!! Sulke kosbare oomblike vasgevang. Mooi gesin xxx

  • Arnel
    September 8th, 20154:53 pm

    Lizellie!

    Hierdie foto’s – die storie – WOW!!!

    Ons Abba Vader is so goed en ek sien net LIEFDE in hierdie foto’s! Baie dankie dat jy dit, en hulle storie met ons deel!

  • Jeanne
    September 8th, 20156:50 pm

    Sjoe Lizelle dis besonderse fotos!Ek kyk oor en oor na hulle.Dis sulke elke dag natuurlike fotos!

  • jou heel grootste fan
    September 8th, 20157:11 pm

    Gerrit en Ria: ek wil begin met julle getuienis…dis so awesome, want die Here is so awesome!!! en daarom is klein Imeliatjie so awesome – hope seen en guns en joy en voorsiening vir julle vorentoe.

    Lizelle: …dis maklik die besonderste, sensitiefste stel baba-foto’s ooit…

    Ek sommer net woordeloos, (maar nie traanloos nie) oor die post…

  • Tanja
    September 9th, 20158:52 am

    Dit is soooo special! Ek kan nie ophou kyk nie! xx Pragtig Lizelle – die fotos vertel so mooi ‘n storie!

  • Elmarie
    September 9th, 20155:35 pm

    my hartjie is so lief vir die mense. Ongelooflike mooi en spesiale fotos. Zellie dankie dat jy sulke mooi fotos neem van my favoritste mense. Dankie Here vir sy groot seen. Definitief n paar trane gestort.

  • Oupa Gerrit Dyman
    September 9th, 20155:43 pm

    ‘n Storie wat die Here self geskryf het. Imelia jy jou ons harte in jou klein handjies.