My Portfolio
Pick Me
Blog
Availability
Me Links
Home

May 28th, 2014 | Other | Subcribe to RSS

Ek was heeltemal gefasineer met die mak hoender by La Petite Dauphine in Fransschhoek. Ek het ‘n troue daar afgeneem en die aand toe ek by die onthaal instap, sit Hendrik heel gemaklik op ‘n vleuelklavier terwyl ‘n pianis klasieke musiek speel. Ek was in vervoering! ‘n Mak hoender wat op ‘n vleuelklavier sit tussen klomp mense!? Ek is gewoond aan plaashoenders – die soort waarvoor jy maar versigtig moet wees. Ek het bietjie met Marie-Louise van La Petite Dauphine gesels oor die merkwaardige hoender en sy vertel my toe Hendrik se storie:

“Ons het Hendrik so 3 en half jaar terug gaan haal in ‘n “informal settlement.” Ons het ‘n  dammetje voor Café BonBon en het ‘n hele paar eendjes daar gehad, maar omdat ons in die berge is, is daar nou en dan rooikatte. Oor ‘n tydperk het die rooikat ons eendjies begin vang en opvreet. So half deur die proses het ons gedink ons moet nou die rooikat vang en op die stadium het ons meer van eende as hane gehou, en ons het vir Hendrik as “lewendige aas” gekry. Maar helaas, ek dink die rooikat het meer van eende as hoender gehou, so al ons eende is opgeeet en Hendrik is gespaar. Die rooikat het seker na die volgende plaas beweeg en daar sit ons nou met Hendrik!

Hy is ‘n slim karnallie, in die dag is hy heeltyd in of rondom Café BonBon waar hy dit love om te sosaliseer met die gaste en die aand slaap hy op die klavier. Hierdie klavier slapery is nou eers onlangs, hy het altyd bo in die magnolia boom geslaap. Maar jy het seker agter gekom sy stertvere is bietjie yl, so ons dink sy balans is bietjie af, of ons is seker in denial dat hy besig is om oud te word, want ons is baie lief vir hom.

Oor die jare het ons agter gekom hy is baie lief vir vark worsies en wortel koek, tot so ‘n mate dat hy homself gehelp het eenkeer met trou wortel koek….”

Die aand toe ek klaar foto’s geneem het, het ek Hendrik agter sy oortjie gekrap tot sy ogies toe geval het. WHAT A TREAT!

 

 

Theresa Fourie took this awesome photo of Hendrik:

 

let me know what you think

  • Dewet van Rooyen
    May 28th, 20144:53 pm

    Hendrik is baie koddig. Ek reken wel hy het ‘n effens gesplete persoonlikheid! Terwyl ons Bruilof geskiet het, het hy ons gaffer aangeval. Hy het my ook bevlieg en met daai haaknaels op sy agterpote ‘n 5cm sny op my onderarm gelos. Dit straks nadat ek hom bietjie gevryf het. Ek het nou nog die letsel.

  • […]  Lees hierdie mak hoender se lewensverhaal HIER. […]

  • jou heel grootste fan
    May 29th, 20149:39 am

    Kyk, ek dink hierie hoender gaan nou viral….
    Dis kosbaar!
    En die foto’s is tone-krul pragtig!!! Mensig Lizelle, die hoender kan geeerd voel dat hy professioneel afgeneem word.
    Beautiful!!!!

  • Elridus
    May 29th, 20148:25 pm

    Dewet, dalk is hy pure hoender. Hy dink hy kan maak soos hy wil, want dalk is hy n regte…haan onder die henne! Of net n egte kappokhoendertjie van sy tyd. En hoe!

  • Méshelle
    June 5th, 201511:41 am

    Dit is die cuteste storie ooit!
    EPIC foto van Hendrik op die klavier.
    Man, ek love jou werk Frikkie!!!

  • […] Hendrik, the rooster. […]

  • […] Hendrik, the famous party animal ? […]