February 12th, 2010 | Shoots,Weddings | Subcribe to RSS
Hold on people, hierdie gaan ‘n lang post wees. En ek dink julle kake kan dalk moeg gesmile wees hierna.
Ek neem aan meeste mense weet teen die tyd al dat ek mal oor “moments” is. Nou Kappie en Nikki is soos een groot en lang moment! Ek het soveel foto’s geneem, net omdat hulle so spontaan, vrolik, borrelend en sommer pleinweg awesome is.
Toe Nikki my vra om hulle af te neem was ek instantly opgewonde. Ek kyk op na Nikki se werk en eks lief vir haar as my vriendin. Ons het min of meer saam-saam begin met die foto-ding en het al ure om gesit en gesels oor die groeipyne, lekkertes, uitdagings en tegnieke van fotografie. Ek leer so baie by haar. As jy nog moet trou, doen jouself ‘n guns en gaan kyk na haar werk!!! (En as jy al getroud is.)
Vir Kappie het ek leer ken met ‘n opregte smile wat altyd op sy gesig is. Hy ken altyd iemand, waar ‘n mens ookal gaan. Van die 2de keer wat jy hom sien, groet hy jou of jy al jare lank sy mater is.
Saam-saam is Kappie en Nikki net so…dinamies! Hulle is soos plofstof. Ek dink wat ek die meeste love van hulle, is hulle positiewiteit wat hulle uitstraal. ‘n Mens voel sommer of alles ok gaan wees.
Nikker en Kapper, julle liefde vir God wat oorvloei in ‘n liefde vir mekaar gaan nog menigde mense se lewens raak.
Mag die foto’s julle bless!!!!
Nikki sit vir ‘n slag aan die ontvangkant! Vandag het sy nie die kamera in die hand nie en haar make up en hare word gedoen!
Die bridesmaids ook hard aan’t makeup.
















Kappie en Nikki het besluit om vooraf ook ‘n paar foto’s te neem. Dit was ONGELOOFLIK. So het Kappie oor die see gesit en uitkyk terwyl hy vir Nikki gewag het:
Dit was net so ‘n spesial oomblik toe hulle by mekaar kom. Hulle het altwee ‘n traantjie gepik en dit was net so ‘n mooi dat ek al te bly was dat ek agter my kamera kon skuil.
Maar…die trane het nie lank gehou nie! Hier het hulle begin lag en smile en oorloop en hulle het nie weer gestop nie!












Nikki is gesig-trek koningin! Ek dink dis van my fav’s van die dag:






Nelle’s Cakes:


Kappie oppad na die diens toe:
Julle sal nog sien maar die wind het nogal woes gewaai!




Ross doen sy ding:



































EK, Christine, Nikki en Adri (My regterhand vir die dag.) Dankie vir die foto Nastassja!!!
Sooooo dankie dat ek julle foto’s kon neem!!!!
Venue: Beloftebos Stanford
Make up en hare: Sebastine Pepler
Blomme: Licinda: licinda10@gmail.com
Klein koekies: Nelle’s Cakes



















Madali
OH MY GOODNESS!!!!!! Hoe asemrowend en ONGELOOFLIK mooi is hierdie foto’s???!!!!!!!!!! Ek kon nie wag om dit te sien nie en dit stel definitief nie teleur nie!!!!!!! Dit lyk na so ‘n spesiale en baie prettig dag. Die foto’s vang so presies Nix en Kapper se persoonlikhede vas!!! Wel gedaan Lizelle, dis STUNNING!!!!
nikki
Zel, ons kon nou nie ophou glimlag nie en Kapper het selfs ‘n traantjie gepik van voor-af! Hierdie is ‘n awesome weergawe van ons bruilofsfees, jy is voorwaar ‘n meester agter die lens, ons verhaaltjie is beeldskoon in beeld vertel! Dankie ook vir die ougat stukkie wat jy oor ons geskryf het bo-aan! Daar is soveel favourites..Kapper se uitdrukking voor die isle, die ring foto’s, kafee’tjie enes, die collage by die onthaal, en, en, en…duisende dankies, wat ‘n treat so voor die naweek!
Juanette
Nie net smiles nie, maar trane, hoendervleis en opgewondenheid ook! Awesome goeie foto’s Lizelle! Nikkie en Kappie kan met trots bly wees oor hierdie foto’s!!
rebecca (love made visible)
LIZELLE! These are some of the most incredible photos ever! You really are the BEST and you provide me with so much inspiration, as a photographer and as a person! I am crazy about that shoe shot! WOW.
Nikki, you look absolutely gorgeous! You guys are just one big smile! I always knew you would have a gorgeous wedding, but this blew me away. Thank you for also being such an inspiration and encouragement to me! xxx
Drikus
Die pienk toon-foto is amazing! Wat ‘n great couple…Hierdie is ‘n voorbeeld van wat ‘n regte troue is, blydskap en tonne tonne liefde!
Awesome!
Michelle Hendriks
Wow Lizelle wow!!! die foto’s is ongelooflik, ek het nie woorde nie. En Nikki jys beslis een van die mooiste bruide wat ek nog OOIT gesien het!!! jou rok is asemrowend!!! wow julle eks regtig speechless!!
Marié Venter
WOW!!!!!! Die foto’s is ongelooflik. Dis die mooiste troufoto’s wat ek nog ooit gesien het. Nikki jy lyk gorgeous en daai rok!!!!!! Die foto van Kappie met trane in sy oe gee my hoendervleis. Baie geluk julle 2! En geluk Lizelle met die foto’s.
Marike
Uiters STUNNING!!!!
Martie
Lizelle, jy het die mees asemrowende foto’s van ons 2 pragtige kinders geneem!! Die manier hoe jy die gevoel van die dag kon oordra, is net awesome!
Ek wil nie eers regtig foto’s uitsonder nie, maar die roomys foto’s is so tipies hulle en die een waar Kappie vir Nikki wag by die seremonie en die een waar hulle bymekaarkom, vertel die storie van hoe hulle oor mekaar voel
Christine Meintjes
Nikki jy het absoluut BEELDSKOON gelyk! Ek moes aanhoudend die trane uit my oë vee! So baie dankie dat ek en iaan die dag saam met julle kon deel! Wat ‘n voorreg! En Lizelle, hulle kon nie ‘n beter fotograaf vir die dag gehad het nie! Jy het ‘n ongeloooooflik job gedoen! Wag net, die tydskrifte gaan nou almal in ‘n ry staan om die ene te publiseer!! ONGELOOFLIK!
Roberta
Gorgeous as ever Lizelle – such a pleasure looking through these pics. Love your sense of light and fun.
Lise
WOW! dis beautiful fotos!
Kobus
Sjoe! Moes net se! dit is soooooooo fantasties! Bitter Bitter Mooi! Dis altyd vir my ‘n highlight om deur my lysie van blogs te werk en vandag was hierdie nou net baie special! Hoendervleis mooi!
verie
Nikki jy lyk absoluut stunning! Die foto’s is ongelooflik mooi en verewig die wonderlike dag
Annette
Well done Lizelle, jy het hulle perfek geprentjie! Nikki, jy het stunning gelyk – no stress theory
Adene
Ek het trane in my oe!! Dit is net sooo beautiful ek kannie woorde tot dit sit nie. Nikki, mens kan sien julle het soveel liefde vir mekaar – mag julle liefde altyd so vrolik wees. Ek love jou rok, dit pas so mooi by jou, so feminine, yet funky.
nastassja harvey
julle… DIS DIE PRAGTIGSTE TROUE, TROU FOTOS, BRUID EN BRUIDEGOM wat ek AL OOIT GESIEN HET! Lizelle, jy is ‘n genius, ‘n LEGEND, en ‘n wizard met daai kamera! ek het geweet die fotos gaan amazing wees, maar hierdie is OUT OF THIS WORLD! Niks en Kappers, julle is amazing..daar is nie woorde nie. Julle het ONGELOOOOOOOOFLIK gelyk om dit regtig mildly te sit. Dit was vir my en Tim die grootste eer om daar te kon wees. En ek sal dit weer se, DIE MOOISTE OOISTE bruid wat ek al ooit in my lewe gesien het! soooo lief vir julle! x x x x
christelle
wow!!! ek is nou so emosioneel, dit is ongelooflike fotos!!! nikki, jy en kappie is so erg gemaak vir mekaar – dit is so duidelik hoe gelukkig julle is! ek is so bly jou kiekies is net so mooi soos jy 100de ander bruide se dag vasvang. jy het stunning gelyk, ek kan nie ophou smile. hierdie is regtig soos een van daai ‘feel good’ moments, wanneer jy wil positief voel, kyk net hierna! alle geluk vir julle exciting pad vorentoe.
estelle malan
Nikki+Kappie,dit was so ‘n wonderlike troue wat julle 2 gehad het en die fotos vertel die verhaal van julle troue en liefde vir mekaar op ‘n pragtige wyse.Dankie dat ons so ‘n spesiale dag met jul kon deel en wil net se julle 2 lyk STUNNING!!!Nikki,jy is net so ‘n absoluut pragtige en stralende bruid!!!!
Adel
Nikki, jy was ‘n ongelooflike mooi bruid en Kapper het self handsome gelyk! Ek is absoluut versot op julle foto’s, dit het julle spesiale dag en unieke persoonlikhede 100% vasgevang! Mag julle altyd so kosbaar vir mekaar bly soos dit op die dag was en mag julle liefde net groei, julle is werklik ‘n inspirasie vir ander! Lizelle, jy het weereens ‘n stunning job gedoen! Jy is werklik ook ‘n inspirasie vir almal! Jy, asook jou werk…ROCK!
Nicola Basson
Te mooi vir woorde! Soos altyd
LizMarie
Wow, dis ongelooflike mooi foto’s! Nikki het beeldskoon gelyk en ek is mal oor haar rok. Ek dink dis een van die mooiste troues wat ek al gesien het!
annemarie
Dit is regtig ongelooflike fotos! Dit vang hierdie twee stunning mense se persoonlikhede so perfek op en die opwinding van die dag! Dit is absoluut `n akkurate terugblik op die dag! well done Lizelle! En Nikki jy is beeldskoon vriendin!
Rosalind Wilson
WOW! This is awesome
This looks like such a happy wedding – Lizelle – you take the most amazing pictures ever!
Kat Forsyth
Oh, Lizelle! I’ve been DYING to see these! You really did yourself proud – more than that – you are amazing! Nikki and Kappie are so incredibly lucky! And how amazing was their wedding? I’m speechless.
Liezl
Jis moet se dit is een van die mooiste trou foto’s wat ek nog gesien het…jho hulle joy is sommer so tasbaar..Lizelle dis beautiful, wow jy regtig ‘n amazing talent!!!
Jonel Meyer
Oh my hat!!! Mens kan net sien dat die dag ‘n blessing was. Nikki, jy het pragtig gelyk en Zel, die foto’s is pragtig. Dit voel super special.
Awesomeness!!!
Canell
WOW!! Ek moet nou eers die trane uit my oe vee. Baie natuurlik – dit moes ‘n awesome troue gewees het. Baie bly vir julle Nikki!
Roegaya Greybe
ALOHA Lizelle!! Dit is vrek nice en mens kan sien jy het jouself geniet! Dit is so nice om mense te afteneem wie dit self geniet en hier bruidspaartjie het verseker. Baie cool mense! JY ingesluit. ASPIRASIE EN “JOY” bly by my as ek deur jou werk kyk. Kan nie wag vir jou volgende posts nie.
Nadia V
Manjifiek, Lizelle! Kon nie wag om die fotos te sien nie. Ek kan nie een spesifieke foto uitsonder nie, almal is ewe mooi. Nikki, jy was ‘n ongelooflike mooi bruid xx
June
Sjoe…al die comments hierbo sê seker al als wat ‘n mens kan, né?? Asemrowend! Die bruid se rok is een van die mooistes wat ek al ooit gesien het – stunning! Vrek mooi troue ook! Lizelle, jy het nie ‘n talent nie, jy het ‘n GIFT!
Du Wayne Denton
Lizelle. I think all these many comments speaks for them self… YOU DID A GREAT JOB! These pictures made me feel like I was there at the wedding and could sense the atmosphere. The pictures are beautiful. I know that they will love it. The little shop with ice cream were my favorite shots of the wedding. First to Nikki & Kappie. Nikki, jy het so mooi gelyk. Ek dink dat vir Lizelle baie maklik was om vir jou af te neem… natural bride & beauty. May you too be bless with unendless happiness in your marriage. You too know your Saviour and that is the key to a fantastic live together. Enjoy the journey! To Lizelle. Soos ek altyd se, don’t stop. Keep on going. You are even a big inspiration to a pro like me. You have captured beautiful moments of love at this wedding and they will always be greatful for that. BRAVO (Ek staan op en klap hande)!
nikki
Dankie Du Wayne vir die mooi woorde! En Zel, wil net sê ek loer elke dag ‘n paar keer na die kiekies! Ek is so dankbaar vir jou as vriendin en fotograaf!
Mia
Sjoe, hierdie kiekies is prentjiemooi! Lizelle, jy het die dag so perfek vasgevang. Nikker en Kapper, julle liefde vir mekaar straal deur die foto’s, ek kry sommer ‘n warm gevoel in my hart. Kan nie wag om die ander ook te sien nie!
Elzette
SJOE!ma dis bittere cool en stunning fotos! &hoe lekker is dit ni om `n slag di fotograaf VOOR di lens te sien nie!:) Well done Nikki, jys awesome, agter EN voor di lens! Die 1 wa jo man vi jo staan & wag is my absolute favourite.x
Jani B
Ai Lizelle, dis mos maar geweldig stresvol om fotos te neem vir iemand vir wie jy soveel omgee – jy wil soooo graag jou beste lewer! Maar jy het dit reg gekry om om die emosie, die persoonlikheid en die liefde so pragtig vas te vang! Nikki kon nie vir beter gevra het nie.
cindy
goeie genugtig lizelle!
Ek’s alweer ‘n paar dae laat, maar ek’s eintlik bly, jy’t alweer my dag gemaak!! Die fotos is frikkin awesome en amazing en fantasties en sulke sinonieme!
Nikki, jy lyk soos ‘n flippen supermodel, dis ongelooflik. Enige meisie wat so verskriklik happy kan lyk met haar troudag is super lucky!
Dit was beautiful.
Maré Rootman
Jou Wenner! Jy is ‘n fotograaf duisend
Alles is so pragtig en sag, net soos die twee mensies! Dis ‘n sprokiestroue!
Antoinette
Stunning, stunning, stunning! Lizelle, jy is so kreatief en maak elke foto ‘n belewenis!
William
The venue-a la Lewis Carol,
Bride and groom added the magic,
To the post resignation organising comm. a hand full of aces,
A robust breeze added a 4th dimension,
The pics describe it all-well done
Liz-Mari
Hey Lizelle, ek weet nie eens of jy die goed check nie… weereens… my asem is weggeslaan deur die energie in jou werk. Dis ongelooflik. Watter kamera gebruik jy?
Sean Kelland
wow…wow…wow… Nikki, Jy het so mooi gelyk and dit lyk asof julle soveel pret gehad het!! Lizelle, your photo’s just get better and better!!!! I think we are going to get married again so you can do our photo’s!!!
Hanneke & Bob
Congratulations once again Nikki! Julle lyk na so ‘n oulike couple! En jy’t sooo mooi gelyk! xx
ANDRIETTA GREYBE
Nikki dit is wonderlik om ook jou troue deur die kamaralens te kan beleef!! Pragtige troue, stunning fotograaf, ongelooflike paartjie! Dit is hoendervleis mooi!!!!
Ross van Niekerk
Lizelle, dis regtig mooi en lewendige fotos!
Jy’s maar net die beste!
Dis regtig ‘n plesier om met jou te “werk”.
Taryn Ward
Wow Lizelle! These photos are amazing and looks like it was such fun capturing them! I don’t even know the couple and very nearly shed some tears from seeing their happiness! Unbelievable!
Juanita
WOW!!!!!!!!!!!!!!!!
Gurswin
x speechlessssss, wow!
Tanaelle
Oh my goodness… you’re a pro… the pictures are amazing! Lizelle, i can’t find anyone as good as you! And I’m SO having that wedding dress for my wedding. Xx
name
Dis is asemrowende mooi foto’s!! Ek is MAL oor jou styl!!!!!! Moet asb. NOOIT ophou foto’s neem nie
nig Lindi
Ek is absoluut gaande oor die shoot! Die foto’s is so spontaan. Ek dink dit is fantasties lekker dat daar in die kafee ook foto’s geneem is, baie oorspronklik!
adele
wow – hierdie fotos is absoluut stunning!!!
ingemari loots
PERFEK
Lizelle Lotter Photography » Ulrich en Mia: Franschhoek
[...] troue. Behalwe dat ek Mia en Ulrich al ‘n rukkie deur ‘n vriendin/guru fotograaf, Nikki Meyer Kapp ken, was dit een groot, ongelooflike spesiale dag. Mia en die bridal party was so [...]
Lizelle Lotter Photography » Kappie + Nikki + Clara
[...] them all together and it’s VERY difficult not to have a good time. (Like it was on their wedding day [...]