My Portfolio
Pick Me
Blog
Availability
Me Links
Home

Ek ken vir Kit vandat ek ‘n klein dogtertjie was. Hy het al diep spore op die plaas saam met my pa gestap en werk nou aan my oudste broer, MG se sy. Ek was die naweek in Caledon vir werk en toe ek vir Kit weer in sy werkskamertjie sien met die bont mure, moes ek net gou ‘n paar foto’s neem. Die einste kamertjie was jare terug my ma se musiek-kamer. Haar klavier, my oudste broer se dromme, Tjaart se kitaar en my dwarsfluit was daar binne. Waarlik goeie herinneringe.

kit-lizellelotter-1

 

 

kit-lizellelotter-2

 

kit-lizellelotter-3

 

let me know what you think

  • Tertia Venter
    March 7th, 201612:15 pm

    Pragtig Lizelle & Kit! Al die Lötter’s sal dit baie kan waardeer. Groete, Tertia Venter.

  • Annette
    March 7th, 20169:29 pm

    So kosbaar en deel van die familie

  • jou heel grootste fan
    March 11th, 20168:24 pm

    ooo, Lizelle, hoe het ek dit nou nie geniet nie…!
    die foto’s pragtig, kosbaar!!!
    En die herinneringe van musiekmaak saam met julle goed en soet. :)
    (Kit, jy’s ‘n uithaler staatmaker!)