May 3rd, 2010 | Family,Other,Shoots | Subcribe to RSS
Ek doen nou 2 jaar voltyds fotografie en dis die eerste keer wat ek die voorreg het om ‘n familie die 3de keer af te neem! Die eerste keer was Günther nog ‘n baba, die 2de keer met sy 1ste verjaarsdag en nou kon my oe nie glo toe ek sien hoe baie hy al gegroei het nie! Wow! ‘n Ware seuntjie met lewenslus en die wil om te ervaar, te doen en te ontdek. Limmie het laggend gese dis nie lekker om vir my te sien nie, want dan weet hy hy moet geld uitgee. Maar, na ek saam met hom gestem het dat koffie anders proe as jy eers die melk bygooi, is ek weer ten volle welkom geheet in die Van Tonder huishouding. Ek en Ellena, het soos die vorige jaar na die shoot, lang fotografie stories gesels. Sy self het intussen begin fotos neem en sy is ongelooflik talentvol! Gaan loer haar werk hier op haar Facebook Page.
Hier is die middag se fotos, geniet dit saam met my!





































Steph
Kleine kleine wereld! Ek ken Limmie… en wat ‘n mooie shoot! LUV nr.10 (stywe pa&seun drukkie) & nr.16 (ma&boeta – te mooi!).. Fun Zella! xx
Ellena van Tonder
Lizelle, dit is die mooiste mooiste mooiste foto’s waarvoor enige familie kon hoop. Ek sal jou ewig dankbaar wees vir hierdie pragtige herinneringe. Jy het die dag vir ons so lekker gemaak dat ons die heel naweek nie kon ophou praat van die fotosessie nie. Ons is sommer alreeds opgewonde vir volgende.
Samantha
Wow, stunning family!!
cindy
is alweer ek…
Daai outjie het die coolste tshirt oooit aan!
Maar ek LOVE die fotos. ‘n Groot klomp happy fotos.
Mena
You’ve got to be kidding meit’s so transpaetrlny clear now!