My Portfolio
Pick Me
Blog
Availability
Me Links
Home

Om my broer so te sien smile en Surene se ogies so te sien blink, is mal lekker.

Dis moeilik om te beskyf wat in my hart aangaan as ek aan my broer dink. Hy is kind-hearted, wys, oopkop, gee soveel liefde (op die MG-manier natuurlik) is ‘n boer van formaat, ‘n aanhouer en…my ouboet.

Surene is ‘n raakvatter wat daarvan hou om ander te help. Sy is baie kreatief, probeer altyd nuwe goed en… maak vir MG smile. Haar lewenstorie tot dusver is ‘n aanmoediging vir enige iemand wat dit hoor en ek en sy droom altyd van plaashuise met groot stoepe en ander mooi goedjies. (:

Ek het ‘n troue in Beaufort Wes afgeneem (my ma-hulle woon daar) en die Sondag ogg vroeg storm my ma die kamer in met DIE GROOTSTE smile op haar gesig. Ek wou nog moan oor wat ons fotograwe “wedding hangover” noem, maar saam met my ma se groot smile het die woorde “Mg en Surene is verloof” gepaard gegaan. Ek het in 3 sekondes gegaan van “hangover” tot regop sit, baie dinge gelyk se,  giggel, lag en ‘n mini traantjie afvee.

So baie-baie geluk MG en soon-to-be-sus. Ek sien uit om julle tandeborseltjies langs mekaar te sien, kaggel-kuiers en vele meer.

Lief julle baie-baie. xxx

O ja, geniet julle foto’s!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 The spot where they got engaged:

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 Location: Arolela Guest Farm, Caledon

let me know what you think

  • Rianza
    May 21st, 20155:51 pm

    Ken nie vir MG. Surene baie mooi mens letterlik en figuurlik. Doen altyd alles vir mens met die mooiste glimlag. Jy verdien al die liefde en geluk. Geniet dit.
    Die fotos is almal baie mooi geneem. Kan sien jy weet wat jy doen. RIANZA

  • Surene
    May 21st, 20156:04 pm

    Dankie Lizellie!!!! So mooi en spesiaal! Dankie vir al jou liefde en geduld… Xxx

  • Selma
    May 21st, 20157:02 pm

    Wow! Lizelle these are STUNNING! That pic of the 3 of them running where the jr is in the air – is beyond cute! xxx

  • Bianca Olivier
    May 22nd, 20155:22 am

    Jou intro is presies soos wat ek haar ken! Dit was ‘n raak beskrywing… Die foto’s dra oor hoe lief hulle mekaar het (al 3 van hulle). Hoop al die beste vir julle vir die toekoms.
    Lizelle jou foto’s is pragtig, maar wat vir my die mooiste is, is dat jy die natuur ook in alles in ag neem. Dis was baie lekker om die storie te sien en lees… :)

  • Christa
    May 22nd, 20156:33 am

    Absoluut mal daaroor !! So mooi !

  • Theronda
    May 22nd, 201511:35 am

    So mooi Lizelle!

  • Soretha
    May 22nd, 20151:19 pm

    Pragtige foto’s en nog pragtiger woorde wat eg-Surene is. Surene kry beslis ‘n lief-skoonsus.

  • Heathyr
    May 22nd, 20151:26 pm

    Baie mooi woorde Zellie. En natuurlik ook fotos. Baie geluk aan die happy couple en familie.

  • Alana
    May 22nd, 20153:18 pm

    Natuurlik feature Boertjie ook baie gereeld. :)
    Baie, baie mooi julle!!

  • Terina
    May 22nd, 20153:48 pm

    Dis die MOOISTE MOOI fotos!! :)

  • Annette Carstens
    May 22nd, 20154:34 pm

    Voorwaar ‘n wonderlike dag vir ‘n wonderlike paartjie met ‘n wonderlike toekoms! Pragtig Zellie. Sien so uit na hierdie troue

  • jou heel grootste fan
    May 22nd, 20154:50 pm

    oooooo, is die nou my latest fab’ste shoot omdat dit my skoon en amper-dogter is… of omdat jy dit so fantasties afgeneem het…
    Ek dink dit moet albei wees! Sou nog baie kon kyk!
    Kosbare foto’s van die twee (3!) saam…lief hul so baie-baie…
    Dankie Zel, ek is geseend met die shoot!!!