My Portfolio
Pick Me
Blog
Availability
Me Links
Home

Die laaste 2 jaar was af naweke soos hoendertande. As ek baie eerlik moet wees, het dit my bietjie begin vang. Ek is MAL oor troues en wanneer ek by ‘n troue is, geniet ek dit baie, maar dit bly moeilik om nee vir jou vriende en familie se. Eintlik het ek net bietjie sleg beplan. Troues word so ver vooruit gereel dat ek net nie daaraan gedink het om vir my af naweke te “book” nie. Ek moes toe die besluit neem om af naweke te book. Ek het gaan sit en een naweek in elke maand vir my gemerk as ‘n af naweek. Ek het net weer besef verhoudinge is net te belangrik om heeltyd te werk.

Na byna ‘n jaar was hierdie naweek my eerste self-geneemde af naweek. Toe my plaas-mamma (aka stiefma…maar dit klink te stief vir hoe lief ek haar het) my bel om te vra of ek nie DALKIES af is nie, was ek so ongelooflik opgewonde om ja te kan se. Dit was my ouma (eintlik stiefouma…maar ek is heeltemal te lief vir haar om haar met die woord stief te vereenselwig) se 88ste verjaarsdag. Byna die hele familie genooi na ons plaas in die Overberg en as ek moet begin uitbrei oor hoe lekker dit was, sal julle ekstra 10min moes uitsit om dit te lees. Maar dit was ongelooflik lekker.

Ek het weer in die kamer geslaap waarin ek groot geword het (hierdie huis is nou ‘n gasterhuis op ons plaas, Arolela, gaan loer gerus!!!!) en bande is “vervars” met die fam. Wat ‘n fees. Verseker aan te bevele.

Nou eers bietjie meer oor my ouma. Ek kon skaars glo ouma Annetjie het 88 geword. Sy is een van daardie vrouens wat net eenvoudig in jou hart kruip en daar bly. Sy is wys en gebalanseerd, met ‘n moed en wil vir die lewe, wat ek nastreef vir wanneer ek ook al meer lyntjie en ligter hare verdien het. Die lewe het al paar woeste houe vir haar uitgedeel, maar sy het die vermoe om deur dit te werk, te leer daaruit wat sy moet en dan gaan te gaan, met nuwe “added” karakter en woema.

Ouma, ek kyk regtig op na ouma met baie resprek en wens ek kon ouma elke dag  “drukkie, soentjie en geselsie.” Net seeninge vir al die nuwe dinge wat voorle. Ek bid vir guns en tonne pret by die nuwe huis!!! Liefde L ***

ouma-88-lizelle-lotter-28

ouma-88-lizelle-lotter-28

Hierdie is die deel van die plaas waar ek groot geword het, Klipfontein,  waar die hoof huis nou in ‘n gastehuis verander is.

My boeta, MG,  het gesorg vir mooi geel blommetjies vir my ouma se bday:
ouma-88-lizelle-lotter-28
ouma-88-lizelle-lotter-28
ouma-88-lizelle-lotter-28Hierdie plaas het ek en my boetas plat gespeel:
ouma-88-lizelle-lotter-28
ouma-88-lizelle-lotter-28Ons lyk soos Sondag middag:
ouma-88-lizelle-lotter-28
ouma-88-lizelle-lotter-28
ouma-88-lizelle-lotter-28
ouma-88-lizelle-lotter-28
ouma-88-lizelle-lotter-28
ouma-88-lizelle-lotter-28Sarah en Louisa, 2 legendes op die plaas! (Soooo lief vir julle Saartjie en Kabous!)
ouma-88-lizelle-lotter-28
ouma-88-lizelle-lotter-28
ouma-88-lizelle-lotter-28
ouma-88-lizelle-lotter-28
ouma-88-lizelle-lotter-28
ouma-88-lizelle-lotter-28

let me know what you think

  • Bernard
    August 30th, 20106:38 pm

    N.i.c.e. :) Janee – ek hoor ook hierdie waarskuwing oor afnaweke book, maar sal maar eers voooooolgende seisoen begin ;). Is dit ‘n nuwe f/1.2 wat ek bespeur? :)

  • lizelle
    August 30th, 20106:39 pm

    Dit is die f1.2 ja!
    Maar die landscapes is sommer met my klein kanontjie geneem. Het gaan stap en wou nie ‘n baksteen onnodig saam dra nie.
    Neem naweke af!!!! Al is dit 1 elke 2 maande!

  • nastassja harvey
    August 30th, 20106:44 pm

    ahhhhh zella! love love love love hierdie post, die fotos, verskriklik mooi, die memories, ongelooflik kosbaar… x x x

  • minki
    August 30th, 20106:51 pm

    lizelle, ek vrek oor hierdie plaasfoto’s!!! dit is prentjie verby mooi!

  • adene
    August 30th, 20106:54 pm

    Die donkie is te pragtig en die landskappe is beautiful!! Ek is bly jy het jou afnaweek geniet!

  • Kim Jansen van Rensburg
    August 30th, 20107:07 pm

    dis vi my mooi dat even at home sien jy di mooi soos op ‘n troue.
    very inspirational!

  • Louis
    August 30th, 20107:25 pm

    Amazing soos altyd

  • Elzette
    August 30th, 20107:46 pm

    Wow, wow, wow!! Sjoe Lizellie, hoe mis ek jul plaas nou so vreeslik baie, het vergeet hoe mooi dit daar kan word, en jou oumatjie is beslis n juweel, en Louisa en Sara … 2 legendes;) Die post is so waar baie spesiaal en kosbaar!!! Jy kan beslis meer afnaweke neem;)

  • Lauren Kriedemann
    August 30th, 20109:02 pm

    such cute, beautiful pics, thanks for sharing xx

  • anel
    August 30th, 201010:09 pm

    ek weet nie meer wat om te se oor jou posts nie… dit raak net al hoe beter en beter!! ek love dat jy bietjei van jouself met ons deel!! dis pragtig! :)

  • ella
    August 31st, 201012:44 am

    So lekker on hier in Las Vegas te sit en jou fotos te kyk, laat my verlang na SA!!!!

  • Madré Kohn
    August 31st, 20101:37 am

    Sjoe, Lizelle, jy is darem vir my ‘n groot bron van inspirasie! Pragtige foto’s. Die een met die voëltjies op die telefoondraad het veral my aandag getrek, die komposisie is so spesiaal. Baie mooi.

  • Annemari Ruthven
    August 31st, 20107:38 am

    aaa, ek wil ook ‘n plaas met n wollerige donkie hê! :)

  • Tjaart
    August 31st, 20107:41 am

    Ek trek sommer nou terug plaas toe!

  • Esté
    August 31st, 20109:09 am

    Luuuuuuuuv die donkie lady!

  • Lolita
    August 31st, 20109:31 am

    pragtig – mal oor die laaste foto vd perde!!!!

  • Maré Rootman
    August 31st, 201010:27 am

    amper lé ek nou van die lag oor daai donkie….hy weet seker iets wat ons nie weet nie!

  • Ellena van Tonder
    August 31st, 201010:34 am

    Lizelle, dit is asemrowend

  • Plaasmamma Annette
    August 31st, 201011:43 am

    Ai Liefie, ek is so oneindig lief vir jou en ook so trots op jou. Baie dankie dat jy daar was en op jou afnaweek nogsteeds fotos geneem het – kan nie wag om die familiefotos te sien nie. Hierdie “memories” is so kosbaar en met al jou talente gaan ons altyd daarna kan kyk

  • cindy
    August 31st, 20104:25 pm

    Lizelle,
    Die Ouma, die donkie, die voeltjies op die draad. Ag sommer die huis en die grond, die geel geel blommetjies en die groen wat amper blou raak. Ek is so vreeslik dankbaar vir jou af naweek. Nes al hierdie mense wie ‘n stukkie beautiful in hul dag gekry het. Sommer so vir niks, net vir mooi. En dan nog ‘n beautiful boodskap van jou plaasMa af.

    Jy maak my sommer dankbaar vir wat is, wat was en nog kan kom.

  • Wesley Vorster
    August 31st, 20106:09 pm

    I LOOOOOOOOVE your donkey’s!!!!

  • Catherine
    September 1st, 201010:42 am

    Just divine! You are so creative and just LOVE these Images!

  • wessel
    September 1st, 20101:32 pm

    het nou weereens besef dat ek in die heel mooiste deel van die wereld woon en werk. Heerlik!!

  • j.c. fourie (NIKKIE)
    September 1st, 20109:14 pm

    Ek hou van jou photoshoots!

  • Cornel O'K
    September 2nd, 20101:04 am

    Sjoe…ek is MALLLLLLLLLLLL oor hierdie fotos. well done lizelle.

  • Dielda
    September 2nd, 20108:09 am

    ASEMROWEND! Wow jy het dit sooooo spesiaal vasgevang!

  • Naomie Lotter
    September 6th, 201011:52 am

    Mens sou nie sê dit was ‘n af naweek nie…… ha ha ha!!! Ja dit was darem regtig baie lekker.

  • Juné
    September 7th, 20106:46 pm

    Lizella!!!!!! STUNNING! DIS ASEMROWEND MOOI. Love die teksture, kleure, sag, skerp, PRAGTIG!!! jy kan dit meer doen (: en wanneer ek eendag my plasie besit, gaan jy dit moet kom afneem (: ek nou sommer home-sick!! jy kan dit maar meer doen.

  • jaco
    September 12th, 20107:15 pm

    lyk goed, die donkie is fantasties!!!!!

  • Alida
    October 6th, 201011:14 am

    Hi Lizelle, ek hoop nie jy gee om, ek ken jou nie maar kuier sedert gister al so lekker op jou blog rond. Ek lees gewoonlik Amerikaanse blogs, joune is my eerste eg Suid Afrikaanse blog, en dit is die mooiste. Die foto’s, maar ook die stories by elkeen. Baie dankie vir ‘n fees vir die siel.

  • Tina
    July 24th, 20139:38 am

    Baie mooi foto’s.