August 22nd, 2011 | News,Other,Shoots | Subcribe to RSS
As ek die laaste 2 maande, soos pa in pa se laaste brief gevra het, elke keer ‘n “dop” moes drink as ek iets goeds van pa onthou het, sou ek nie vandag die sober Zelli gewees het wat pa geken en groot gemaak het nie.
Ek mis pa nog so baie. Eintlik om die waarheid te se, al hoe meer. Die “vakansie” is nou lank genoeg.
Iets wat ek besluit het, is dat ek nie sal dwaal op vrae wat ek nie kan beantwoord nie. Ek sal nie my energie en tyd spandeer op die laaste, klein deeltjie van pa lewe/dood nie.
Ek sien pa op soveel plekke raak. Ek sien waar pa ‘n verskil gemaak het.
Ek wens pa kan terugkom…en soos tjaart gese het, vir ons lag dat ons gehuil het dat pa weg was.
Ek sien nog pa se lag-plooitjies.
Ek lag steeds dat pa altyd gese het ek moet onthou om my oe toe te maak wanneer ek gaan slaap.
Ek sien nog pa se sterk hande….ek het besluit ek sal minder kla dat ek pa se liggaamsbou gekry het.
Ek mis dat dat pa my “asgat” noem en dit fluister om te sien of ek nog fyn kan hoor.
Ek sal voortbou op dit wat pa agterlaat.
Ek sal celebrate wie pa was.
My pa en Markus, sy kleinseun:
Familie en die “aanhangsels” soos my pa sou se!
If you havn’t seen our family photos of 2 years ago, click HERE:
Dankie-dankie-dankie Christine vir super spesiale oomblikke…
Pa en ma:
Hier is oupa en ouma (oor wie ek ook al geblog het) nog lekker jonk!
Julle het ook al vir Tjaart en MG, my broers ontmoet:
It’s the sweetest thing
to trust You
just to know
You got everything under control
it’s the sweetest thing
to trust you
just to know
You got everything
***Chorus:
and You are making me a mountain
making me a mountain
that cannot be shaken
well You are making me a mountain
making me a mountain
that cannot be moved***
high up on a rock
looking out at the horizon
watching as the storm rolls in
wondering if my heart will survive it
as the waves crash all around me
and can’t remember what it feels like to be free
***Chorus***
You say, I’ve got you my baby
I’ve got you
it’s quite the mess you’re in
but it’s nothing Love can’t fix
so sit here upon my shoulders
and watch as it all unwinds
***You are making me a mountain
making me a mountain
that cannot be shaken
i know You’re making me a mountain
making me a mountain
that cannot be moved***
“Trust” by Kristene Meuller
from her CD “Those who dream.”








































Jonel Oosthuizen
Mwha, met traantjies in my oë.
Irise
Lizelle, dis soooo spesiaal xx dink aan jou xx
Celesté
‘n Leeftyd se memories vir altyd vasgevang, hetsy jy dit op foto’s, in jou gedagtes of lewenslank in jou hart met jou saamdra. Hierdie het as ‘t ware die hartsnare geroer Lizelle. One day at a time… x
Annelle aka piepernella
Ousus, sukkel ek nou om die trane van die keypad af te vee sodat ek vir jou kan tik. Ek mis my Uncle Hein erg vandag! Ek mis dit om hom te spot oor sy Crocs wat hy so trots dra; sy aanjaag as ons lank draai: “5 minutes till take off” die wat nie in is nie bly; ons ou filosofiese praaitjies oor die lewe, maar meeste vandag daardie sterk stywe drukkies wat mens so veilig laat voel! Lief jou Zellie, sien uit om jou te sien! xxx
minki
lekker om jou fam kiekies te kyk. koester dit. dra jou in ons gebede…xxx
maryke
so kosbaar en spesiaal, my gebede gaan uit aan jou en jou familie xx
Diane
Groot drukkie!!
D
Daar is pa’s wat hulle kinders heeltemal afskryf, glad nie in hulle lewe betrokke is nie al gee sy enigste meisiekind ALLES en verlang sy net ‘n “ek is lief vir jou” of “ek is trots op jou”.
Maar wat my hart seerder maak as dit alles is dat daar pa’s is – soos jou pa en waar ek, wat hom glad nie ken nie, deur fotos kan sien hoe lief en trots hy op sy kinders is – en dat hy dan weggevat moet word…
Dankie dat jy hierdie KOSBARE oomblike saam met ons deel!
PS: Is dit dalk heel toevallig – maar ek onthou ‘n foto van Tjaart waar hy Markus se wangetjies ook so druk soos jou pa op een van sy fotos
Heather Steyn
Kan nie eers begin verstaan hoe jy voel nie Lizelle maar ek weet dat jy hom elke dag mis en wens net hy sal langs jou kom sit en jou ‘n drukkie gee. Dit laat my net my pa meer waardeer en meer tyd saam met hom spandeer. Ons tyd saam moet ons geliefdes is so precious. Dankie vir jou post xx
Anel
Hoe swaar sluk ek nou! Nie woorde of ‘n glimlag sal die seer verbloed of beter maak nie, maar dis KOSBARE oomblike soos hier bo, wat die lewe een groot lied maak! Jy’s kosbaar vir die mense om jou!
amanda Boonzaaier
Super spesiaal, laat mens weereens die waarde van foto’s besef, onthou wat jy reeds vergeet het, herinneringe waarop ‘n mens kan leef. Mooi beeld van Lizelle.
rebecca
Such special words and photos. Sending you a BIG hug. xxxxxxxx
Du Wayne Denton
Hey Lizelle. Dankie dat jy hierdie fotos en mooi woorde gedeel het. Die fotos van julle is baie spesiaal en kan sien die liefde wat julle deel. Baie liefde vriendin, van Du Wayne & Zani
Marna
Pragtig Lizelle, so so special!!!
Kim
So, so, mooi! Thanks for sharing this Lizelle!
Frizzles
Hey Zellie, dankie dat jy dit met ons gedeel het!! My neus brand nou omtrent
Naomie Lötter
Ai suster, as ek my skoonpa so baie mis dan kan ek nie eers dink hoe baie jy jou pa verlang nie. Ek dink so baie aan hom en al ons goeie tye saam. So bly dat hy my pa ook kon word en dat hy ook deel van my lewe kon wees. Dankie vir die pragtige fotos. Sulke wonderlike herhinnering. lief vir jou
nastassja harvey
sjoe Zellatjie.. so baie, baie lief vir jou maatjie..
jou Pa is so, so verskriklik trots op jou x x x x x x x x x x x x x
Riana
Beautiful post, Lizelle.
Seen en blessings vir jou en jou fam.
Johanna
Ek is sprakeloos… Gelukkig praat die foto’s in elke taal en sê al die woorde op die regte manier. Dankie tog dat daar foto’s is om al hierdie meer-as-wat-woorde-kan-sê oomblikke vas te vang en vir ewig te bewaar, selfs wanneer ons nie meer daar is nie.
Juné Joubert
Zel, het eers gisteraand jou post gesien. Sjoe, wat spesiale herinneringe van ‘n sterk pa! en jou woorde is so mooi, kan jou hart aanvoel. Weet jy is vreeslik lief vir jou Pappa. Dink baie aan jou .. erg baie liefde en styfste drukkie ooit!
PRAGTIGE legend fotos hierdie, elkeen praat ‘n diep en ryk storie.
Christo van Deventer
WOW! Lizelle, dis ongelooflik mooi…baie spesiale oomblikke…my pa is nou al 4 jaar oorlede en ons mis hom vreeslik…sterkte vir jou en jou familie!
nikki
Trane, trane in my oë – ai Zel, al hierdie is so verskriklik spesiaal…jou pa het die mooiste smile!
Jo-Ann Stokes
What a beautiful tribute to a very special man. I think it is awesome that you posted photos of him from a young man to a grandfather …..and what is so very obvious ….something which you can never doubt …..is that he adored you!
Treasure the man who shaped you into the person you are today ….celebrate his greatness …..and let go of they whys and ifs!
He left you a beautiful legacy ….embrace it and always continue to miss and love him!
monica dart
Beautiful tribute to your dad Zelle, and more so that you have the precious memories to carry with you forever. see you soon,xxx
André van der Veen
Sjoe Lizelle, hierdie kon nie ‘n maklike post gewees het nie, maar dankie dat jy jou seer en memories met ons deel – julle is in ons gebede.
Jou pa was duidelik baie lief vir julle, ek wens alle ouers kan so trots wees op hul kids soos hy op jul was.
Hierdie het my net weer opnuut laat besef dat ek dinge met my dad moet opfix, al is dit hoe klein want mens weet nooit wanneer dit tyd is om na ons Pappa te gaan nie.
Rousseau Lotter
Sjoe nig. Jy maak my nou goed onthou waarvan ek al vergeet het. Mens kan jou pa se menswees seker eers verstaan as jy die grootte van die gat in ons harte voel waar al hierdie memories was. Dankie dat jy dit gedeel het, dit maak seer, maar dit maak ook heel.
Annelize
So ongelooflik ‘touching’, ek verlang sommer na my Pa ook…..dankie
Maria
Kyk hoe huil ek nou…!
Willemien
Lizelle, ek weet waarvan jy praat – is deur dieselfde trauma baie jare gelede, al voel dit soos gister! Genadiglik word die seer minder soos die jare aanstap. Dink baie aan jou en dra jou op in my gebede!
Ruth van Rensburg
Dis beautiful!!!! Dankie dat jy dit deel!! Dink aan nogsteeds aan julle!
Rentia
Ek dink dis regtig baie nice!!
Is nou ‘n jaar sonder my pa en staan op trou!
Wens elke dag dat ek net nog 5min saam hom kon wees.
Mis hom vreeslik!!!
Melissa
Stuur vir jou baie baie liefde.
X
Merlene Joy
Hartroerend, en pragtig! Lizelle, jou liefde vir jou pa is inspirerend en hierdie post is ongelooflik. Baie liefde xxx
Thys de Wet
Lizelle, Dit is ‘n BAIE spesiale “tribute” wat jy hier van jou Pa gedoen het.
Ek onthou nog jou Oupa: Hy het nog in daardie jare (laat 1950′s) ‘n dorsmasjien gehad, en het by ons op Pampoenkraal koring kom dors. Ek was toe ‘n so 5 jaar oud, en kan onthou dat ek hom “oom Mattheus 7″ genoem het. Pa het in die oestyd uit Mattheus 7 gelees by die huisgodsdiens.
Adene
my hart sit in my keel! Fotos vertel darem ‘n storie goed xx
Janine
Sjoe, so spesiaal…na dese voel dit kompleet asof ek hom geken het…xx
Sunel
Trane en hoendervleis Lizellie! x
Ina-Mari
Sjoe, dit ruk op ‘n plek wat baie seer maak. Ek verlang so baie na my pa.
Ek weet hierdie moes jou baie guts gevat het.
Dankie dat jy jou hart so oopgemaak het. Dis ongelooflik special!
Anina De Witt
Sjoe dis Baie Baie Spesiaal Zellie !! Jy is soooo `n pragtige persoon. Jou Pa sal ALTYD trots wees op jou van daarbo! ♥
Kim
Zelle you have guts of steel and a big heart of gold, what courage it took to share this. Beyond beautiful and special. Your love for your dad and relationship with him is awe-inspiring and so very precious!! Big hugs! XXXX
Lizelle Lotter Photography » a personal note…
[...] to me. She told me that she forgave her dad for something he did 13 years ago, after she read the blog post on my dad. I could not stop crying. Something great came from my dad’s [...]
Maré Rootman
Is dit nie kosbaar dat ons iets soos fotografie het om hierdie kosbare oomblikke vas te vang…love daai tweede laaste fototjie, dis asof ek jou voor my sien, lief jou zellie
Christo
Nee vrekkit… ek’s stom met die trane wat loop asof ‘n stormwatergat verstop is… mag jou getuienis (soos in jou laaste blog oor die conference) werklik diep loop… maar mag jou pa se wyshede homself vooruit loop…
ek’s steeds stom!
Janine de Witt
Hallo Lizelle, Ek het nou ‘n behoefte om vir jou te skryf. Ons het ‘n fotograaf gesoek vir ons dogter maar jy was nie beskikbaar nie. Ek het op jou fotos van jou pa afgekom.
Jou pa en my man, Andrie de Witt, is neefs. Jou pa se pa en my man se ma, was broer en suster. Ek is met Andrie getrou. Ons het nooit eintlik as familie bymekaar gekom nie. Seker maar die afstand, maar het tog af en toe mekaar gesien.
Ons is baie jammer vir julle verlies……….
Andrie, my man, jou oom, werk al amper 8 jaar in Kanada. Ek woon in Somerset Wes. Ons pendel nog totdat ons kleinhoewe verkoop word.
Wil jou graag komplimenteer met jou pragtige fotografie. Ek dink werklik jou fotos ‘praat met mens’. Jammer dat jy al bespreek is vir die 14de April 2012.
Wens jou alles wat mooi is toe.
Vriendelike groete,
Janine de Witt xx
Lizelle Lotter Photography » My sister and her fiance!
[...] to endless stories and challenges of mine while sitting in the bath. We’ve shared many tears, she has made me laugh like only a sister can and is always-always-always willing to [...]