June 23rd, 2010 | Shoots,Weddings | Subcribe to RSS
Vandag weet ek regtig nie waar om te begin nie. Rousseau is nie net my nefie nie, hy is ook ‘n vriend. Sy wysheid en insig, asook liefde vir die die mense rondom hom en God, wys in sy allerdaagse lewe. Ek het nog altyd gewonder wie sy vrou gaan wees. Hy het vir jare elke dag vir haar gebid. Op eerste oogopslag is Lana beeldskoon. Wanneer jy net ‘n bietjie tyd met haar spandeer, dan weet jy sy het ‘n warm hart en haar sielsvenstertjies het ‘n spesiale lewenslustige blink.
Hulle het ontmoet by Stellenbosch Universiteit, waar hulle albei klas gegee het. Intussen het Lana begin medies swot en soos haar suster sê, sy is die “hoogs-gekwalifiseerde eerstejaar student.” (Wys jou, sy het nog hare op haar tande ook!)
Om by die actual troue uit te kom. Hulle het in Witrivier getrou, wat in die Laeveld is. Wow! Ek het nie geweet dis so mooi daar nie! Amper so mooi soos die Overberg.
As ‘n mens gaan stilstaan en luister, klink dit of ‘n mens in ‘n voëlpark staan. Ek was mal oor die nuwe visuele stimilering.Die onthaal is onder ‘n bedouin tent gehou en buite het die couches cozy om die vure gestaan. Die toesprake was opreg en uit die hart en daar was paar keer deur die dag wat ek bly was dat ek ‘n kamera as ‘n masker kon gebruik.
Rosser en Lana, julle is ‘n stunning couple. Julle liefde vir God gaan nog talle lewens aanraak. Ek hoop julle is gaaaaande oor julle foto’s!












































































Adri
OMW Zel, die fotos lyk so “crisp” ek looooovvveee dit!Is mal oor die foto wat Rousseau haar hande soen. Rousseau, jy het vir jouself ‘n beeldskoon vrou los geslaan! Is so bly vir jou en ek weet julle gaan baie gelukkig wees!
nastassja harvey
sjoe sjoe sjoe…. hoe mooi en hoe spesiaal is hierdie?? en daai sms?? pragtige paartjie en stunning fotos zella! x
cindy
Ek LOVE dit!! Daai bome en black eyed susan’s is great!
LizMarie
Wow, stunning foto’s!
Kat Forsyth
Your pics are always stunning! I loved the backlit ones with the gorgeous gold rim lighting so much! What a stunning set. xxx
minki
baie baie mooi oomblikke hier vasgevang in jou foto’s Lizelle…Baie geluk Rousseau en Lana.
chanel*
ooooo jinne…dis AMAZING – lizelle ek hou nou al jou website virrie afgelope 2 weke met ‘n valk-oog dop…en hierdie het al my verwagtinge oortref! Uit die mond van iemand wat daar was: jy het dit perfectly gecapture, daar is ‘n hele paar meesterstukke wat ek sommer teen die muur wil hang! (ek het darem DIE mooiste maatjie ne?!) Ross & Lana – hoop julle lovit!***
schantel
Wow! Baie mooi bruidspaar, beautiful venue en stunning fotograaf om al die mooi oomblikke vas te vang!
Annel Strydom
Aaah, pragtig soos altyd! As ek geweet het jy kom laeveld toe het ek jou geboek vir ‘n swangerskap/couple shoot!!
Chantal
ai Zella, soos altyd is dit maar ongelooflik stunning! wonderful work
zara
Lanatjie, jy lyk soooo mooi! Elsh kon nie ophou gesels oor hoe mooi dit was! baie geluk! Lizelle soos altyd stunning!! kan nie wag vir my beurt nie! ye!! x
Nicolette & Tina
Beautiful!!!!!!!
Daai pics van Lana in die ‘bos’ – met die oranje blommetjies..met die Stola..
“we have died and gone to HEAVEN!!!”
BAIE geluk JULLE!! x
Heather Pina
Wow die fotos is rerig mooi! Die Here het jou geseen en jyt hulle liefde so mooi vasgevang. Dit lyk soos ‘n fairytale. Ek lag nou bietjie want ek sien Lana het presies die sele materiaal blom in haar hare as wat ek reeds gekoop het vir my troudag
Maré Rootman
Baie baie romantiese troue, alles is net pragtig en die lig is absoluut eetbaar! Ek love daai vierde foto van die lanterns, mooi Zel. Rousseau en Lana weet dat Jesus vir julle net die beste en lekkerste beplan
moorrees en magda
Lizelle die foto’s is amaaazing. Baie baie dankie. Dit was ‘n voorreg om jou te leer ken. Jy is dierbaar en hopelik sien ons jou gou weer. Baie geluk R&L xxx
Lisa Rieken
So beautiful! Magical photos!
marguerite
dis soooo mooi nig. en neef! dis die ongelooflikste setting en julle het pragtig gelyk!
Marzell
Wow Zelli!!
Naomie Lotter
Sjoe mens kan sien dit was ‘n baie spesiale troue. Ek het ook sommer begin trane afvee met almal wat so bewoë is. En lizelle jy kon dit natuurlik nie beter op kamara vaslê nie. Ongelooflik mooi!!!
Dieter von Fintel
Awesome! Lyk my Witrivier het ‘n lekker verrassing beleef daardie naweek… ‘n mooi couple en ‘n uitstekende fotograaf om dit vas te le! Die ene met die lang man langs die lang bome is net te classic!
melanie wessels
Wow! Sulke beautiful foto’s en ek’t nie verwag om so paar bekende gesiggies te sien nie. Mooi!
Magda, Venessa en Amor
Julle 2 mooiste mense!
Eerste Gods rykste seën vir julle tweetjies vir die toekoms! Mag al julle dae vol lag en liefde wees!
Ons staan verstom vir die mooi fotos om nie te praat van die bruid en bruidegom nie!
Dit lyk soos ‘n sprokies troue!
xx
Cecilia
Vriendin, al van ons 10 jaar oud was het ek geweet jy gaan an absolute stunner wees! Fantastic keuse van venue, dis regtig so tranquil ma in a way exotic. Is dit in Witrivier?Photograhper girl – well done, jy het n unique angle, dit maak jou foto’s besonders. Hoop julle is bitter gelukkig saam en hy ken my ni ma enige teken v trane and I’ll hunt him down…. (”,) Ek’s bly een v ons het sielsrus gevind, eendag as ek groot is xxx
Juné
WOW, zel,
ek is mal oor hierdie shoot. Die foto waar hy haar hande soen is die mooiste OOIT! love dit.
nee, rerig, beeldskoon.
Louise Leask
Ongelooflik!! Baie dankie vir die voorreg om deel te wees van julle spesiale dag.
Louise & Jatinga Span
Lauren kriedemann
so so beautiful. I love the kissing shot with the light pouring around, them so intimate and romantic, amazing shoot xx
Du Wayne Denton
Wow, Lizelle! Jou werk is uitstekend!
Christine Meintjes
Sulke stunnig fotos!!!! Die lig is gorgeous!! Baie geluk Rousseau!
Kobus
sjoe! Het lanklaas so gesit en hoendevleis kry! dis fantasties mooi! Gunstelinge die een waar hy haar hande soen en waar sy met die fur in die bos staan! dis vir my onbeskryflik mooi!
elmarie bendinelli
Baie Geluk Rousseau!!! Al wat ek kan se is jy het n flippen mooi vrou! En natuurlik lizelle is net die beste!
Rousseau & Lana Lötter
Zellie! Hoe sê mens dankie dat jy ons dag so mooi vasgevang het in die foto’s? Ons is innig dankbaar vir jou skill en passie vir mooi kiekies, en dan is jy nog ‘n vriend ook.. Baia lief vir jou, en weet dit: Ons is HUGE fans van nie net jou werk nie, maar van jou ook!
Michelle
Wow! I have GOT to book you for my wedding! Absolutely STUNNING!!!
Ria Burrows
Mooiste wense vir ‘n besondere paartjie – en fotos om die geleentheid vas te vang! Sou gehou het van nog fotos van die bruid alleen…om al die detail van alle kante te kan sien. Maar pragtig, veral waar sy oor sy skouer loer!