My Portfolio
Pick Me
Blog
Availability
Me Links
Home

July 9th, 2010 | News,Other | Subcribe to RSS

Dis met ‘n dankbare hart wat ek nou kom neerflop in my kantoor stoel. Drie kliente het nounet pakkette kom haal. My werksarea is steeds chaotic met al die “to-do-lists” van die afgelope paar maande en ek moet nog vir my Karoo-vakansie inpak, maar my hart is rustig en opgewonde, albei in een. Ek en ‘n vriendin het nounet die siesoen-einde gevier met ‘n pizza en te sterk koffie.

Ek onthou hoe ek aan die begin van die siesoen diep moes asem haal en vir God vra om my te help; ek het nie eintlik geweet hoe om die jaar aan te pak nie. Die vorige jaar was rustiger en ek het geweet hierdie een sal sy eie uitdagings en lekkertes he. ‘n Mens weet nie wat vir jou wag nie…en weet jy wat? Dis ook goed so. Talle dinge sou ek eerder kies om nie deur te maak nie, maar ek het soveel daaruit terug gekry. En die lekkertes is net soveel lekkerder omdat dit die verassings-element het. Ek is ‘n bietjie meer heel, bietjie slimmer, bietjie sterker…

Een van die grootste goed wat ek moes leer in hierdie seisoen, is om ‘n gebalanseerde lewe te lei. Of miskien moet ek eerder se, die ongebalanseerd-heid is uitgewys. Klein goedjies, soos om te onthou om vir myself af-naweke te book. Of om bietjie meer te oefen en bietjie gesonder te eet. Of om eerder te praat van ‘n familie “fotosessie” as ‘n familie “shoot.” Nou ja, ek is verseker nie ‘n master op enige van hierdie velde nie, maar dis mos lekker om eendag terug te kyk en te lag oor die goedjies waaroor ‘n mens so gestress het en ‘n mens se dagboek vol geskryf het.

Ek sien soooo ongelooflik uit na die break. Ek gaan 10 ure ‘n dag slaap en as ek weer in die middag wil slaap, dan gaan ek inkruip en my ma vra om my voetjies in te tuck. Ek weet sommer die veld gaan lekker ruik, my ma se “wors-mash-beet-en-groente” ete gaan vorentoe smaak en die sterre gaan ekstra skerp skyn. Ek sien uit na verhouding bou met vriende en familie.

En dan sien ek uit om terug te keer werk toe. 6maande terug het ek aangegaan oor my cool kliente, maar nou is dit al weer 6maande later en ek kan steeds aangaan oor die feit dat ek dink ek die coolste kliente het. Dankie julle! Julle maak my werk ‘n fees.

Hoe ek die nuwe 10-11maande se trou-seisoen gaan ingaan…Met ‘n ‘n hart wat afhankelijk is van God. Een vol dankbaarheid, hoop, met die wete dat Hy goeie planne in stoor het…en tonne liefde.

Happy Julie vir julle almal, sien weer begin Augustus! (Of miskien moet ek eerder se, tot ek nie meer dit kan hou om nie te blog nie!)

*PS: Vir die van julle wat bietjie deurmekaar is met die Karoo en die Overberg…my pa’le is in die Overberg en my ma’le in die Karoo! Die 2 plekke “sagste” vir my siel. ***

En soos hulle se, ‘n blogpost is nie ‘n blogpost sonder ‘n fototjie nie!

lizelle-lotter-burger-julie10-1

lizelle-lotter-burger-julie10-2

let me know what you think

  • Maré Rootman
    July 9th, 201010:24 pm

    Zellie, ek lag somtyds so hard en lekker saam met jou dat my maag pyn van lekkerkry! Jy is vreeeeslik kosbaar :) Geniet jou vakansie, voel die wind in jou hare, waai vir die koeie langs die pad en weet dat Jesus jou gebruik om ‘n verskil te maak in ander se lewens. Eet soveel braaivleis en roosterkoek soos moontlik, lief jou

  • Cindy de Bruyn
    July 9th, 201011:28 pm

    Lizelle,
    Ek is, en ek weet ek is nie alleen nie, bitter dankbaar vir jou vreeslike suksesvolle jaar! Jy is ‘n eindelose inspirasie, verseker nie net as fotograaf nie.

    Geniet jou rus, en neem ‘n paar fotos net vir jouself. Wys ons, maar neem hulle net vir jou hart. Ek glo nie jy sal nie, maar moet nooit vergeet dat jy so vreeslik lief was vir fotografie voor die kliente nie.

    Ek sien uit na nog jare se fotos, se inspirasie vir die hart.

  • Nicola Pretorius
    July 10th, 20109:41 am

    Ek sien die foto op die koerant se voorblad, en ek se nogals vir Wynand dis `n vrek mooi foto! Minwetende dis jy! Geniet die ruskans.

  • nastassja harvey
    July 10th, 201010:50 am

    aah zellie, jy is so ‘n GROOT inspirasie nie net vir my nie, maar vir so BAIE mense… so BAIE lief vir jou en ek stem met Cindy, neem bietjie fotos vir jouself :) gaan jou baie baie baie mis!! stuur my liefies vir die skapies ;) hulle so na aan my hart :) x x x x x x

  • Lolita
    July 15th, 201011:35 am

    Geniet jou ruskans Lizelle!! Gaan die blog updates mis maar sien uit na pragtige vakansie foto’s!!
    En hopelik is ek vlg seisoen een van jou kliënte vir ‘n TTD shoot!!

  • Marzell
    July 19th, 201012:44 pm

    Hi L
    Geniet jou rustyd en sê groete en liefde vir jou ma en Jean.